Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Al dié Kaapse buurte het nou gratis WiFi

Inwoners van verskeie Kaapse woonbuurte het nou toegang tot blitsvinnige, gratis WiFi danksy ’n inisiatief van Google.

Verskeie Kaapse woonbuurte het nou gratis internet danksy Google. Foto: Unsplash

Die tegnologiereus het Donderdag ’n massiewe opskop in Johannesburg gehou om die nuus aan te kondig.

Dit is die eerste keer dat Google so ’n geleentheid in Suid-Afrika aanbied.

Nitin Gajria, direkteur van Google in Afrika, het aangekondig dat WiFi-punte reeds opgerig is in verskeie gebiede op die Kaapse Vlakte, insluitend in Langa, Khayelitsha, Gugulethu, Delft, Elsiesrivier en ook in dele van Kraaifontein en Mitchells Plain.

Meer as 125 WiFi-torings is reeds in dié woonbuurte opgerig.

Waar Google die platform verskaf vir inwoners in dié gebiede om aan die internet te verbind, werk die tegnologiereus nou saam met ’n plaaslike internetdiensteverskaffer.

Janine Rebelo, hoof van Think WiFi, sê dié maatskappy is “passievol oor die verskaffing van vinnige, gratis en betroubare WiFi”.

Die internetdienste is heeltemal gratis (en onbeperk), maar word deur advertensies moontlik gemaak.

Google het Donderdag ook vennootskappe met Telkom en Showmax aangekondig.

Sover is die gratis WiFi-gebiede beperk tot sekere Kaapse woonbuurte, met geen amptelike aankondiging van Google dat dit binnekort na ander Suid-Afrikaanse stede gaan uitbrei nie.

Die maatskappy het wel ook aangekondig hy beplan om sowat R15 miljoen oor die volgende vyf jaar in verskillende organisasies sonder winsoogmerk te belê.

Organisasies wat spesifiek help om werkgeleenthede vir vroue en jong meisies te skep, sal voorkeur geniet van die inisiatief, sê Asha Patel, hoof van bemarking by Google in Suid-Afrika.

Google bied reeds gratis WiFi in verskeie lande, waaronder Indonesië, Indië en Meksiko.

Meer oor:  Google  |  Internet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.