Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Al gehoor van Tecno-fone? Dis nou topverkopers

Jy sal vergewe word as jy dink dat maatskappye soos Samsung of Huawei die groot selfoonverkopers hier in ons wêreld is.

Tecno Mobile het Samsung inderwaarheid verlede jaar verbygesteek wat betref die hoeveelheid toestelle wat in Afrika verkoop is. En dié maatskappy is nou die voorste verkoper op die vasteland.

Wie is Tecno?

Tecno is ’n Chinese maatskappy wat al lank in die selfoonbedryf is en deur Transsion Holdings besit word.

Die Tecno Camon 15 Air Foto: Tecno

Tecno is in 2006 gestig en is in meer as 60 lande oor die wêreld heen bedrywig.

Counterpoint se Mark Monitor-diens het vandeesweek aangekondig dat Transsion se handelsmerk tans die beste in die segment vir bekostigbare toestelle is.

Volgens African Business beskou hy ook Transsion se drie selfoonhandelsmerke as onder die top-100-handelsmerke in Afrika vir 2019-’20. Tecno is algeheel vyfde en die ander twee is Itel en Infinix.

Tecno Mobile het verlede jaar dié teiken ondanks ’n jaar-tot-jaar-daling van 6,7% in selfoonbesendings in Afrika weens die Covid-19-pandemie bereik.

Die Internasionale Datakorporasie (IDC) se wêreldwye kwartaallikse selfoonklassifikasie het die maatskappy verlede jaar vir die eerste keer in die derde kwartaal eerste in Afrika geplaas, en dit het ’n algehele vierde plek op die wêreldwye ranglys behaal.

Volgens die Counterpoint-data wat Maandag bekend gemaak is, was Tecno Mobile verlede jaar vir 18% van die totale slimfoonvervoer na Afrika verantwoordelik.

Samsung was in 2019 bo in Afrika, maar kon in die eerste helfte van 2020 met ’n “onderbreking in die verskaffingsketting” net 15% van die totale slimfoonversending in Afrika vir hom verseker.

Itel, Tecno Mobile se suster-handelsmerk, was derde met 12% gevolg deur Huawei wat 8% behaal het.

Counterpoint sê vier uit vyf slimfone wat in Afrika verkoop word, is in die kategorie van minder as $200 (R2 900).

So wat bied Tecno?

Tecno Mobile gaan binnekort die Camon 15 Air-slimfoon in Suid-Afrika bekend stel. Dié foon is bekend om ’n viervoudige flits, ’n 48 MP-lens, 8x-zoomlens, 2 cm-makrolens en tegnologie wat op kunsmatige intelligensie (KI) gegrond is. Hy het ook ’n groot battery met 5 000 mAh en stoorplek van 64 GB.

Besoek gerus Tecno se webwerf vir meer oor die slimfoon.

Vodacom se prys vir die Camon 15 Air is R3 699.

Meer oor:  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.