Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Al hoe meer kyk pornografie soos virus versprei
Ter illustrasie Foto: Unsplash

Pornhub, een van die wêreld se gewildste webblaaie vir volwassenes, het in die laaste paar dae ’n toename van byna 12% in verkeer gesien.

Dit is in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk ’n maand gelede.

Pornhub skryf dit toe aan al meer mense wat gefrustreerd by die huis sit weens die Covid-19-pandemie.

“Dit het in die laaste maand duidelik geword mense bring al hoe meer tyd by die huis deur in self-isolasie of om van die huis af te werk,” sê Pornhub in ’n inskrywing op sy blog oor die impak van die koronavirus op sy bedrywighede.

Teen 17 Maart was die verkeer reeds 11,6% meer as presies ’n maand gelede, sê hy.

Miljoene mense besoek daagliks Pornhub. In Italië, een van die lande wat die swaarste deur die pandemie geraak word, het die verkeer na Pornhub op een dag met ’n massiewe 57% gestyg.

Dit was op dieselfde dag waarop Pornhub aangekondig het hy maak sy premiumdiens gratis aan Italianers beskikbaar.

Dié diens, wat kykers toegang gee tot meer eksklusiewe inhoud, is later ook gratis in Frankryk en Spanje gemaak.

In Frankryk het die aantal besoekers na Pornhub daarna met 38% geklim en in Spanje met meer as 61%.

Selfs in Amerika, waar die meeste Pornhub-kykers woon, is ’n toename in verkeer gesien.

Teen 17 Maart was verkeer na Pornhub vanuit Amerika 6,4% hoër as ’n maand gelede.

Amerika het nog nie ’n landwye staat van inperking afgekondig nie, maar dit geld reeds in Italië, Spanje, Frankryk en ander lande.

Kanadese het ook in dié tye van stres en spanning ontvlugting op Pornhub gaan soek en die verkeer is 7,2% meer.

Pornhub het nie spesifieke syfers vir Suid-Afrika bekend gemaak nie. Die staat van inperking hier geld ook eers van Donderdag om middernag.

pornhub

Pornhub premium gratis vir almal

Pornhub het intussen sy premiumdiens gratis aan almal beskikbaar gestel, ongeag waar jy woon.

In ’n inskrywing op sy blog sê Pornhub hy doen net sy deel om te help keer dat die virus verder versprei.

Om toegang tot die premiumdiens te kry, moet kykers onderneem hulle sal tuis bly, die video’s geniet en gereeld hul hande was.

“Met byna een miljard mense in ’n staat van inperking weens die koronavirus, is dit belangrik dat ons ’n handjie bysit en mense help om ’n vermaaklike manier te vind om die tyd te verwyl,” sê Corey Price, adjunkpresident van Pornhub, in ’n verklaring.

Meer oor:  Pornhub  |  Pornografie  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.