Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Alienware sit Cherry op die koek

As jy die geklik van ’n sleutelbord wil hoor en voel wanneer jy rekenaarspeletjies speel, het Dell dalk iets wat in jou kraal is.

Dell het ’n nuwe speletjieskootrekenaar in sy Alienware-reeks bekend gestel, maar dié een kom met die spreekwoordelike kersie op die koek.

Die Alienware m15 R4 Foto: Alienware

Dis natuurlik die feit dat dit met ’n meganiese sleutelbord kom en ook nie sommer nie enige sleutelbord nie – dit kom van die voorste Duitse skakelaarvervaardiger Cherry MX.

Maar hoekom meganiese sleutels?

Volgens Alienware sê hy die rekenaarspeletjie-ervaring word deur ons vingerpunte gelei en daarom is die sleutelborde van deurslaggewende belang. Dus was dit vir hom belangrik om met Cherry ’n vennootskap aan te gaan.

Alienware m15 R4

Die vennootskap het geboorte gegee aan die wêreld se eerste speletjie-skootrekenaars, die Alienware m15 R4 wat nou spog met die Cherry MX-meganiese sleutelbord.

Luister hier onder hoe die sleutelbord klink:

“Die vennootskap met Cherry MX of Project X het meer as drie jaar gelede begin. Ons het die gedeelde doel gehad om ’n binêre meganiese skakelaarervaring te skep en dit in ’n skootrekenaarvorm te verklein – iets wat nog nooit voorheen gedoen is nie,” sê Alienware in ’n verklaring.

“Dit was nie ’n maklike taak nie, maar dit bring die voordele van ’n meganiese sleutelbord vir die mobielerekenaarspeletjies mark. Ons glo dit kan die virtuele gevegsarenas oorheers.”

Inspirasie van Back to the Future en RGB

Alienware en Cherry MX het met ’n verskeidenheid materiale en meganiese onderdele in meer as 160 prototipes geëksperimenteer en saam ’n 3,5 mm- ultralae profielsleutel ontwikkel wat meganiese komponente van vlekvrye staal bevat.

Die gewone twee Cherry MX-sleutels en die nuwe sleutels op die Alienware m15 R4. Foto: Alienware

Asof dit nie genoeg is nie, sê Alienware hy het inspirasie vir die sleutels se ontwerp geneem van die bekende DeLorean-sportmotor van die Back to the Future-flieks. Die motor se deure vlerk boontoe oop en die sleutels se veertjies werk op dieselfde manier.

Het n gif wat hier kan Insert word.

Die meganiese skakelaars lewer ’n volle sleutelafstand van 1,8 mm in ’n selfreinigende meganisme wat getoets is vir 15 miljoen sleuteldrukke per sleutel.

Benewens ongelooflike terugvoering van die sleutelbord kan die skootrekenaar geprogrammeer word om RGB-agtergrondbeligting met tot 16,8 miljoen kleure te gee.

Die m15 R4-spesifikasies en prys

Die dun en kragtige Alienware m15 bied ’n reeks indrukwekkende spesifikasies, waaronder die Intel 10-verwerker en die Nvidia GeForce RTX 3080-grafikakaart (GPU).

Die skootrekenaars word ook van Hyper-Efficient Voltage Regulation-tegnologie voorsien om te verseker jou battery hou lank. Die doeltreffendheid van die rekenaar word verder verskerp met tot 4 TB-berging, ’n mikro-SD-kaartleser en Thunderbolt 3 wat vinnig data kan laai.

Die rekenaar is landwyd by Dell-handelaars teen R29 999 beskikbaar.

Die rekenaar kom in twee kleure, wit en swart. Foto: Alienware
Meer oor:  Dell  |  Skootrekenaar  |  Tegnologie  |  Rekenaars  |  Rekenaarspeletjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.