Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Alle SA webwerwe móét inligting oor virus bevat
Alle webwerwe wat op .co.za eindig, moet ’n skakel na die sacoronavirus-blad bevat.

Alle webwerwe wat op .co.za eindig, moet kragtens ’n nuwe wet ’n skakel na die regering se toegewyde webblad vir die koronavirus-pandemie bevat.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het dié nuwe regulasie Donderdag onderteken waarna dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

Dié stap is deel van die regering se volgehoue poging om die vinnige verspreiding van die nuwe koronavirus te probeer keer en Suid-Afrikaners oor die gevare daarvan in te lig.

Die wetgewing maak geen spesifieke melding van wanneer alle .co.za-webwerwe die skakel moet bevat nie, maar dit sê wel dit moet “duidelik sigbaar” wees.

Die nuwe regulasie geld ook webwerwe van akademiese instellings soos universiteite en kolleges, waarvan die webwerwe op .ac.za eindig.

Volgens die ZA Domain Name Authority, die beheerliggaam wat .co.za-webwerwe registreer en reguleer, is daar meer as 1,3 miljoen webadresse geregistreer wat op .za eindig.

Al die webadresse het wel nie noodwendig ’n meegaande webwerf nie.

Dit is ook nie duidelik hoe die nuwe regulasie in die praktyk afgedwing gaan word of wat met ondernemings en webwerwe sal gebeur wat nie daaraan gehoor gee nie.

Die nuwe regulasie maak ook geen melding van hoe lank webwerwe die skakel na sacoronavirus.co.za moet vertoon nie.

Ndabeni-Abrahams het voorts ook ’n nuwe wet onderteken wat internetdiensverskaffers sal dwing om fopnuus oor die koronavirus onmiddellik te verwyder sodra dit bespeur word.

Weer eens is dit nie duidelik hoe die regering of die departement van kommunikasie beplan om dit in die praktyk af te dwing nie.

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het Woensdag wel aangekondig hy gaan ’n klag aanhangig maak teen persone wat fopnuus oor die virus versprei.

Drie Suid-Afrikaners is reeds geïdentifiseer wat die vermeende bronne was van twee artikels wat vals nuus bevat en wyd op sosiale media platforms gedeel is.

Persone wat fopnuus in dié tyd versprei, kan swaar beboet of selfs tronkstraf opgelê word.

Suid-Afrikaanse diensverskaffers mag ook nie tydens die staat van inperking intekenare van een netwerk na ’n ander oordra nie.

Kliënte wat wil oorskuif van die een netwerk na ’n ander, sal ’n nuwe simkaart moet aanskaf en dus ’n nuwe nommer kry.

Meer oor:  Stella Ndabeni-Abrahams  |  Koronavirus  |  Inligting  |  Covid-19  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.