Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Almal wil weet wanneer krag af is – webwerwe vou
ISTANBUL, TURKEY - MARCH 23:  An error message for
Verskeie webwerwe het Maandag gevou toe mense hul beurtkragskedules wou nagaan. Foto: Getty Images

Oomblikke nadat Eskom Maandag gesê het dat fase 4-beurtkrag vir die res van die dag gaan geld, het die Kaapse metro en Eskom se webwerwe en selfs die gewilde app EskomSePush gevou onder druk verkeer van mense wat hul beurtkragskedules wou bekom.

Ironies genoeg het Eskom se webwerf, toe dit ná ’n ruk weer ruk-ruk begin werk, aangedui dat geen beurtkrag tans geld nie.

Onder fase 4-beurtkrag moet 4 000 MW se elektrisiteit gesny word om die stabiliteit van die kragnetwerk te verseker.

Laat verlede jaar het Eskom hoofsaaklik fase 1- of fase 2-beurtkrag ingestel. Sondag was die eerste keer vanjaar dat Eskom weer beurtkrag toegepas het. Fase 2 is van vroegmiddag ingestel.

Die Kaapse metro se webwerf het kort ná die aankondiging van fase 4-beurtkrag heeltemal gevou. Gebruikers is bloot gegroet deur ’n foutboodskap wat lui die webblad “se bediener is besig; probeer later weer”.

EskomSePush, ’n app wat gebruikers waarsku sodra beurtkrag ingestel word en ook die skedules gee, het ook Maandag vir ’n ruk nie gewerk nie.

Die app se bedieners is oorlaai deur mense wat naarstig wou weet wanneer die ligte af gaan wees.

Die foutboodskap op die Kaapse metro se webwerf.

In ’n foutboodskap vra die skeppers vir geduld terwyl hulle nog bedieners in werking stel.

EskomSePush word nie deur Eskom bedryf nie en is deur Dan Wells en Herman Maritz geskep met die doel om “gebruikers te laat glimlag”.

Johannesburg se CityPower-webblad het ook Maandag gehang. Inwoners van Ekurhuleni kon ook nie dié metro se webblad vir beurtkrag bereik nie weens druk verkeer daarheen.

Die munisipale blad van die eThekwini-munisipaliteit, wat Durban insluit, het nie probleme gehad nie.

Meer oor:  Eskom  |  Tegnologie  |  Webwerwe  |  Internet  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.