Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Altron hou nou lisensie vir Microsoft in SA
Microsoft het die genoteerde tegnologiefirma Altron as ’n gelisensieerde oplossingsverskaffer (LSP) in Suid-Afrika aangewys. Foto: Getty Images

Microsoft het die genoteerde tegnologiefirma Altron as ’n gelisensieerde oplossingsverskaffer (LSP) in Suid-Afrika aangewys.

Die ooreenkoms kom terwyl Altron sy filiaal Altron Karabina posisioneer as die aangewese vennoot vir “alles Microsoft”, sê Mteto Nyati, uitvoerende hoof van die groep, in ’n verklaring.

Altron het Karabina onlangs aangeskaf.

EOH, ook ’n genoteerde IT-firma, het in Maart bekend gemaak hy herverkoop nie meer programmatuurlisensies vir Microsoft nie.

Microsoft het in Februarie bekend gemaak hy gaan sy kontrak met die EOH-filiaal EOH Mthombo beëindig. Dié filiaal was ’n Microsoft Channel Partner, wat hom magtig om sekere Microsoft-produkte en -dienste te verkoop.

EOH het destyds gesê Microsoft het nie redes vir die beëindiging van die kontrak verskaf nie.

Grant van der Wal, Altron Karabina se besturende direkteur, sê die aanwysing as LSP lui ’n opwindende tyd vir Altron Karabina in.

“Dit stel ons in staat om ons programmatuur-diensafdeling bekend te stel wat ons Microsoft-bevoegdhede aanvul met verwysing na data en ontleedkunde, kunsmatige intelligensie, verhoudingsbestuur, bestuur van sakeprosesse, moderne werkplekke, Azure en DevOps.”

Die programmatuur-diensafdeling word bekend gestel ten tyde van ’n groot skuif na wolkgegronde dienste, soos gesien met die onlangse opening van die Microsoft-datasentrums, volgens Altron.

Altron is deur sy Britse filiaal, Bytes UK, ook in dié land Microsoft se grootste LSP-vennoot. Dit is ’n posisie wat die tegnologiefirma graag na Suid-Afrika wil uitbrei.

Altron Karabina werk nou met Bytes saam om hul sukses plaaslik te dupliseer. Fin24

Meer oor:  Altron  |  Eoh  |  Microsoft  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.