Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Altron wil oorsese bedryf ontknoop
Mteto Nyati, uitvoerende hoof van Altron.

Die plaaslike tegnologiefirma Altron gaan sy oorsese bedrywighede ontknoop en afsonderlik noteer, het die maatskappy Donderdag aangekondig.

Altron sal steeds op die JSE genoteer bly, maar sy bedrywighede in Brittanje sal eersdaags afsonderlik as Bytes UK op die aandeelbeurs daar noteer.

Bytes UK sal ook ’n sekondêre notering op die JSE hê.

Die stap word gedoen om bykomende waarde aan aandeelhouers te ontsluit, sê Alton in ’n verklaring.

Bytes UK is reeds ’n volfiliaal van Altron. Die maatskappy voel die waarde wat Bytes UK tans tot die onderneming voeg, word nie in sy aandeelprys gereflekteer nie.

Bytes UK is reeds Microsoft se grootste gelisensieerde oplossingsverskaffer (LSP) in die VK.

Altron is in Oktober as Suid-Afrika se nuwe LSP vir Microsoft aangewys nadat die tegnologiereus sy kontrak met EOH beëindig het.

“Die moontlike ontknoping van Bytes UK is die begin van ’n nuwe era by Altron,” sê Mteto Nyati, uitvoerende hoof.

“Altron sal nou op Afrika fokus en sy meer as 20 000 kliënte bedien.”

Die ontknoping sal na verwagting tussen nege en 12 maande neem om af te handel, mits die marktoestande verbeter.

Sou die finansiële markte nie teen dan verbeter het nie, sal Altron die ontknoping waarskynlik uitstel.

Altron het Donderdag 2,2% hoër teen R18,50 verhandel.

Meer oor:  Altron  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.