Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
App sal nie weer breek, belowe Capitec

Capitec het die beste mense, ekstra hulpbronne en bedieners ingespan vir die probleme met sy bank-app, wat vroeër kort-kort ineengestort het.

Capitec se app het gelol. Foto: Verskaf

Dit is nou opgelos en sal nie weer gebeur nie, het Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec, Dinsdag belowe.

Dit was die gevolg van die groot groei in die gebruik van die app, het Fourie in ’n onderhoud oor die bank se resultate tot einde Februarie gesê.

Op Swart Vrydag in November verlede jaar het 4 miljoen kliënte die bank-app gebruik en toe het Capitec gemeen dit kan nie gou meer word nie. Maar op 28 Februarie vanjaar was 5,5 miljoen gebruikers op die app, byna 40% meer as op Swart Vrydag.

Teen einde Maart was daar 7,5 miljoen gebruikers op die app en die tendens is steeds opwaarts. Fourie sê hulle het ekstra kapasiteit en ekstra databasisse geskep om voorsiening te maak vir groei sodat die app nie weer haakplekke ondervind nie. Dit kan nou drie keer soveel soos die normale gebruik hanteer.

Die bank-app verwerk tans tot soveel as 4 000 transaksies per sekonde, het Fourie gesê. Hy meen die probleme is veroorsaak deur die toename in kliënte en hul groter gebruik van die app.

EasyEquities

Oor Capitec se vennootskap met EasyEquities om sy kliënte via die app toegang te gee tot aandeleverhandeling en belegging, sê Fourie daar is nou al meer as 100 000 Capitec-kliënte wat rekeninge by EasyEquities oopgemaak het en via die app in aandele belê. Meer as R60 miljoen is al so belê. Capitec verdien ’n klein kommissie – ’n persentasie van die verhandelingsgelde – in ruil daarvoor om EasyEquities se platform aan sy kliënte beskikbaar te stel. Daar is ook ’n verhandelingspeletjie op die app waar kliënte met ’n virtuele R100 000 op die aandelemark kan rondspeel om meer oor beleggings te leer.

Meer oor:  Capitec  |  Bankdienste  |  Slimfone  |  App  |  Tegnologie  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.