Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
App vir ‘Covid-paspoorte’ beplan

Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) is besig om ’n app te ontwikkel wat sal dien as ’n “Covid-paspoort” en ’n bewys dat ’n reisiger nie die koronavirus het nie.

Reisigers sal bewyse van ’n negatiewe koronavirustoets en later van ’n inenting teen die virus op die app kan laai.

Die app word elektronies gekoppel aan die reisiger se paspoort om sy of haar identiteit te bevestig.

British Airways beplan om die app nog voor die einde van die jaar te toets voordat dit in 2021 beskikbaar gestel sal word, sê Iata.

Reisigers sal hul status as “vry van Covid-19” binne die app aan amptenare by grensposte kan wys.

“Ons benodig wêreldwye reëls en standaarde oor maatreëls soos toetse en inenting sodat die bedryf kan aanbeweeg,” het Pieter Elbers, hoof van die Nederlandse afdeling van Air France-KLM, aan Bloomberg TV gesê.

Vooruitgang in gesondheidspraktyke sal “beslis help om vertroue in reis te herstel”.

Qantas het reeds gesê inenting sal ’n vereiste wees vir passasiers sodra dit goedgekeur en beskikbaar is.

Alan Joyce, uitvoerende hoof, het aan Australië se Channel 9 gesê hy het reeds die voorstel met ander lugdienste bespreek dat inenting ’n vereiste vir almal word wat internasionaal wil reis.

“Dit gaan algemeen word,” sê Joyce.

Wisselende beperkings plaas steeds ’n demper op internasionale reise.

Al hoe meer lande begin wel ’n negatiewe toets te sien as ’n haalbare alternatief vir reisigers wat met hul aankoms eers in kwarantyn moet gaan.

Allerlei tegnologiese oplossings is reeds ontwikkel om reisigers se Covid-19-toetsuitslae te bevestig om te keer dat reisigers met vals uitslae rondvlieg.

Internasionale lugvaart het ’n verdere hupstoot gekry nadat Brittanje reisigers toegelaat het om die land binne te gaan sonder om in kwarantyn te gaan mits hulle oor ’n negatiewe toets vir die koronavirus beskik. – Bloomberg

Meer oor:  Toerisme  |  Lugvaart  |  App  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.