Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple beplan ‘groot’ aankondiging

Apple voer iets in die mou, maar nugter weet wat dit is.

Die Amerikaanse tegnologiereus het in ’n kriptiese boodskap op sosiale media gesê hy gaan ’n groot aankondiging op 25 Maart doen, maar het nie ’n woord gerep waaroor dit gaan nie.

Nou klap die skindertonge behoorlik met tegno-foendies wat spekuleer dit gaan Apple se grootste aankondiging van die jaar wees.

Die maatskappy kondig gewoonlik laat in September elke jaar sy nuwe slimfone met groot fanfare aan, wat die idee skep dat vandeesmaand se aankondiging oor ’n ander produk of diens gaan wees.

Volgens Wired gaan Apple sy nuwe, langverwagte stromingsdiens bekendstel.

Hierdie diens is Apple se antwoord op Netflix, Hulu en Amazon Prime wat almal reeds gevestigde spelers in die bedryf is.

Disney het ook onlangs sy planne vir ’n eie stromingsdiens, Disney+, bekend gemaak.

Tim Cook, chief executive officer of Apple Inc., g
Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple. Foto: Getty Images

Hoewel dit reeds bekend is dat Apple sy eie stromingsdiens beplan, is geen verdere besonderhede daaroor al uitgelap nie.

Buiten daarvoor hoop aanhangers dat Apple dalk die geleentheid gaan gebruik om sy volgende generasie koordlose oorfone bekend te stel, of sy nuwe, goedkoper iPad.

Die tegnologiereus werk ook reeds geruime tyd aan sy eie nuusdiens waarvoor mense sal moet inteken.

Dié diens, genaamd Apple News, sal inhoud van verskillende bronne saamvoeg, maar die maatskappy sukkel glo om met nuusverskaffers te onderhandel oor vergoeding.

The Wall Street Journal het geruime tyd gelede berig dat Apple na bewering 50% van die inkomste wat die diens genereer vir homself wil eien terwyl inhoudskeppers die res sal moet deel.

Meer oor:  Apple  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.