Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple bied oplossing vir iPhone-probleme
Foto ter illustrasie. Foto: Unsplash

Apple het ’n bywerking van sy nuwe bedryfstelsel uitgereik om probleme met sy splinternuwe iPhones op te los.

Kort ná die bekendstelling van die iPhone XS en XS Max verlede maand het gebruikers begin kla oor allerlei goggas, onder meer dat die foon nie outomaties begin herlaai sodra die herlaaier gekoppel word nie.

Apple het nooit amptelik op die klagtes gereageer nie, maar het duidelik daaraan aandag gegee, gegewe dat ’n oplossing in die jongste bywerking ingesluit is.

iOS weergawe 12.0.1 los ook ’n probleem op waar party nuwe iPhones nie goeie Wifi-ontvangs gehad het nie.

Die nuwe bywerking is reeds beskikbaar vir alle iPhone- eienaars met ’n iPhone 5s of nuwer een.

Om dit af te laai en te installeer: Gaan na Settings, General, Software Update op jou iPhone of iPad.

Meer oor:  Apple  |  Ios 12  |  Iphone Xs Max  |  Iphone Xs  |  Ios  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.