Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple desperaat weens swak verkope
Apple se logo teen een van sy geboue in San Francisco. Foto: Getty Images

Apple werp nou alles in die stryd om verkope van sy jongste fone ’n hupstoot te gee.

Bloomberg berig Apple het sy bemarkingspan aangesê om te staak waarmee hulle besig is en slegs op die bemarking van die iPhone XR en iPhone XS, wat vroeër vanjaar bekend gestel is, te fokus.

Die maatskappy span nou bemarkingstrategieë in wat hy selde gebruik, insluitend ’n ruim afslag op nuwe iPhones en ’n inruilprogram vir ou iPhones.

Die veldtog het oor die naweek begin toe Apple die prys van die iPhone XR met $300 verlaag het tot $449.

Die Suid-Afrikaanse iStore bied nie tans ’n soortgelyke afslag nie. Die goedkoopste XR kos steeds R16 000.

Apple het ’n paar maande gelede erken die vooruitsig vir verkope in dié feestyd lyk taamlik beroerd, hoofsaaklik weens ’n verlangsaming in gebruikers se belangstelling om peperduur nuwe slimfone aan te skaf.

Die maatskappy het sedert die begin van Oktober bykans ’n vyfde van sy markwaarde verloor.

Apple se verskaffers trek ook swaar. Cirrus Logic, wat onderdele vir iPhones verskaf, het sy verwagte verkope vir die vierde kwartaal met 16% verlaag weens die swak mark vir slimfone.

Apple het opgehou om te sê hoeveel fone hy van die hand sit. Dit versterk die kommer oor dalende verkope.

Tog was beleggers verlede jaar ook bekommerd oor swak verkope van die iPhone X, maar dié foon het uiteindelik heel goed verkoop.

Greg Joswiak, Apple se bemarkingshoof, het ook onlangs aan Reuters gesê die iPhone XR is die maatskappy se “beste verkoper” sedert dit in Oktober bekend gestel is.

Die maatskappy se aandeelprys was Woensdag 4,4% laer op $176,69, sy laagste vlak sedert Mei.

Meer oor:  Apple  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Verkope  |  Bemarking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.