Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple erken fout met iPhone X, MacBook Pro
'n Apple iPhone X.

Nee, dit is nie net jy nie.

Apple het Vrydag erken daar het ’n fout ingesluip met van die komponente in die iPhone X en 13-duim MacBook Pro wat albei verlede jaar uitgereik is.

Party mense se iPhone X, wat meer as R20 000 kos, se raakskerm gee probleme terwyl sommige MacBook Pro-rekenaars se hardeskywe data kan uitwis.

Luidens ’n verklaring word ander iPhones, waaronder die nuwe iPhone XS, XS Max en XR, nie deur die probleem geraak nie.

Die maatskappy bied aan om die fout gratis te herstel.

In die geval van die MacBook Pro sal Apple ook die hardeskyf gratis versien indien dit probleme gee.

Die probleem is glo beperk tot ’n “handjievol” hardeskywe van onderskeidelik 128 gigagrepe en 256 gigagrepe wat tussen Junie 2017 en Junie 2018 verskeep is, sê Apple.

Die fout met die iPhone X se raakskerm sluit in dat dit nie reageer op aanraking deur ’n gebruiker nie, of in sommige gevalle dat dit reageer al het die gebruiker nie daaraan geraak nie.

Die maatskappy is bereid om die fout gratis reg te stel tot drie jaar nadat die foon aangeskaf is, maar waarsku dat ander koste dalk bygevoeg kan word indien ander foute met ’n toestel bespeur word.

“As jou iPhone X enige ander skade het wat die regstel van die probleem kan verhinder, soos ’n gekraakte skerm, sal dit eers reggestel moet word,” verduidelik die maatskappy.

In die geval van die MacBook Pro sal die maatskappy ook al jou data moet wis om die hardeskyf te herstel en daarom word gebruikers aangeraai om ’n rugsteunkopie van al hul data te maak.

Dié bekentenis volg byna ’n jaar nadat Apple erken het hy maak ouer iPhones doelbewus stadiger weens ’n probleem met die fone se battery wat nie sy gevorderde bedryfstelsel kan hanteer nie.

Meer oor:  Apple  |  Iphone X  |  Slimfoon  |  Macbook Pro  |  Tegnologie  |  Rekenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.