Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple hoes $500 m. vir ‘stadige iPhones’
’n Vrou loop verby ’n groot advertensiebord wat nuwe iPhones adverteer. Foto: Reuters

Apple het ingestem om $500 miljoen te betaal om ’n hofsaak teen hom af te weer wat hom daarvan beskuldig dat hy ouer iPhones doelbewus stadiger maak om eienaars te dwing om sy jongste modelle aan te skaf.

Die voorgestelde skikking is Vrydagaand bekend gemaak en moet nog deur die Amerikaanse distriksregter Edward Davila in San Jose in die deelstaat Kalifornië goedgekeur word.

Die groepsgeding teen Apple vra dat die tegnologiereus $25 per iPhone betaal aan almal wat by die saak betrokke is.

Die bedrag kan op- of afwaarts aangepas word afhangende van die hoeveelheid iPhones wat betrokke is tot ’n minimum totale uitbetaling van $310 miljoen.

Apple ontken enige misdryf en het geskik om die koste van verdere litigasie te vermy, blyk uit hofstukke. Die maatskappy wou nie kommentaar lewer nie.

Vrydag se skikking dek eienaars van die iPhone 6, 6 Plus, 6s, 6s Plus, 7, 7 Plus of SE wat iOS 10.2.1 of nuwer as bedryfstelsel gebruik.

Dit dek ook eienaars van ’n iPhone 7 of 7 Plus wat iOS 11.2 of nuwer op of voor 21 Desember 2017 gebruik het.

Die uitbetaling geld net Amerikaanse eienaars van hierdie toestelle.

iPhone-eienaars het aangevoer hul toestelle is stadiger nadat Apple nuwe programmatuur daarop geïnstalleer het.

Dit het hulle mislei om te dink hul toestelle is naby die einde van hul lewensiklus en moet vervang word.

LEES OOK: Kyk só of jou iPhone se battery nog gesond is

Apple het die probleem hoofsaaklik toegeskryf aan temperatuurveranderinge, hoë gebruik en ander kwessies. Hy het gesê sy ingenieurs het vinnig en doeltreffend aan ’n oplossing gewerk.

Regslui wat namens die verbruikers optree het die skikking as “billik, redelik en voldoende” beskryf.

Hulle noem ’n betaling van $25 per iPhone “aansienlik” en sê kenners het die maksimum bedrag per iPhone op $46 gereken.

Die prokureurs beplan om tot $93 miljoen, oftewel 30% van $310 miljoen, in regskoste te verhaal plus $1,5 miljoen in bykomende uitgawes.

Apple het reeds gebruikers om verskoning gevra en vir ’n tyd lank die prys van ’n nuwe battery vir ’n ouer iPhone van $79 tot $29 verlaag. ’n Soortgelyke prysverlaging is deur die loop van 2018 in Suid-Afrika ingestel.

Meer oor:  Apple  |  Slimfone  |  Battery  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.