Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple-man steel vrou se ‘intieme foto’s’

Gloria Fuentes van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië is briesend nadat sy ontdek het die Apple-werknemer wat haar iPhone herstel het, het van haar “intieme foto’s” eers aan homself gestuur voordat hy die slimfoon terugbesorg het.

’n iPhone soos die een wat Gloria Fuentes ingedien het om herstel te word. Foto: Getty Images

Volgens The Washington Post het Fuentes verlede week haar iPhone ingedien vir herstelwerk, maar eers ’n doelbewuste poging aangewend om al haar persoonlike inligting daarvan te verwyder.

Sy was egter haastig en het vergeet om ook die stoute foto’s op haar iPhone uit te vee.

Toe sy later haar foon terugkry, het sy ontdek die man het van die foto’s aan homself gestuur.

Fuentes het haar skok en ongeloof op Facebook uitgespreek en het ook die man gaan konfronteer. Hy het ontken dat hy die foto’s gestuur het.

Apple het kort daarna gesê hy gaan die voorval ondersoek. Die maatskappy het later aangekondig die man was inderdaad skuldig en is intussen afgedank.

“Apple het bepaal dat die werknemer opgetree het buite die streng riglyne oor privaatheid waaraan alle werknemers moet voldoen,” sê die maatskappy in ’n verklaring.

Intussen sê Fuentes sy was “met afgryse vervul” en het lank gehuil toe sy ontdek wat die man gedoen het.

Sy is ook van plan om ’n klag teen die man by die polisie in te dien.

Meer oor:  Apple  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Selfone  |  Naakfoto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.