Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple se dienste lol óók
Verskeie van Apple se dienste was Dinsdagnag van lyn af. Foto: Unsplash

’n Dag ná verskeie van Microsoft se dienste ure lank van lyn af was, het Apple se stelsels soortgelyke probleme beleef.

Verskeie van Apple se aanlyn dienste, insluitend sy app-winkel, Apple Music, Apple TV+ en Apple Arcade, het Dinsdagnag probleme ervaar.

Gebruikers kon die dienste vir ’n tyd lank nie gebruik nie terwyl dit van lyn af was.

Apple het op sy webwerf bevestig daar was probleme, maar het tot dusver nie kommentaar gelewer oor die oorsaak nie.

Die probleme is almal intussen reggestel en al Apple se dienste is weer aanlyn.

Microsoft het Maandag soortgelyke probleme gehad toe sy dienste ook etlike ure lank van lyn af was. Sy Office-produkte, soos Word, Excel en PowerPoint, kon nie aanlyn bereik word nie.

Sy gewilde kommunikasiediens Teams het ook nie gewerk nie.

Nes Apple het Microsoft nog nie gesê wat die onderbreking in sy dienste veroorsaak het nie.

The Verge berig die nooddienste se inbelsentrums in verskeie Amerikaanse state was ook Maandag van lyn af. Inwoners daar kon dus nie die 911-noodnommer skakel nie.

Verlede week was Google se dienste vir sy korporatiewe kliënte ook ’n tyd lank onderbreek weens probleme waaroor die maatskappy ook tot dusver nie ’n woord gerep het nie.

Meer oor:  Apple  |  Microsoft  |  Internet  |  Dienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.