Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple se nuwe skootrekenaar weeg net 1,2 kg
Die nuwe MacBook Air, wat Apple pas bekend gestel het. Foto: Apple

Apple het Dinsdag op ’n spesiale geleentheid in New York ’n splinternuwe, en veerligte, MacBook Air-skootrekenaar aangekondig.

Dié reeks skootrekenaars is bekend vir sy dun ontwerp, ruim skerm en goeie batterylewe.

Die nuwe MacBook Air weeg net meer as 1,2 kg, is toegerus met ’n helder retinaskerm van 33,7 cm en ’n battery wat heeldag hou.

Volgens Apple is dié masjien ook “50% dunner” as sy voorgangers, waarvan die eerste weergawe in 2010 verskyn het.

Daar is ook nuwe sekerheidsfunksies in die skootrekenaar ingebou, insluitend ’n vingerafdrukskandeerder (maar geen Touch Bar soos die geval met ander Apple-skootrekenaars).

Die nuwe MacBook Air het ook ’n ingeboude skyfie wat data kodeer.

Laura Lagrove, ’n verteenwoordiger van Apple wat die nuwe skootrekenaar bekend gestel het, sê ook dié masjien is juis ontwerp met studente in gedagte.

Daarom is die luidsprekers harder en die mikrofoon meer sensitief vir video-oproepe en die kyk van flieks.

Die nuwe MacBook Air het ook twee spesiale poorte waarmee jy “alles kan doen”, insluitend die skootrekenaar laai, ’n USB inprop, sowel as die rekenaar aan ’n televisie koppel.

Dié poort, die Thunderbolt 3, is reeds geruime tyd in ander Apple-toestelle soos die MacBook Pro beskikbaar.

En moenie vrees dat jy uit bergplek gaan hardloop nie. Die nuwe MacBook Air bevat ’n hardeskyf met ’n minimum van 128 gigagrepe stoorspasie en 16 gigagrepe geheue. Jy kan ’n model met tot 1,5 teragrepe aanskaf.

Die nuwe MacBook Air word aanstaande week in Amerika uitgereik teen ’n prys van $1 199, wat betreklik duur is.

Die prys is derhalwe vergelykbaar met die iPhone XS Max wat in September uitgereik is. Dié foon kos meer as R30 000 in Suid-Afrika, wat beteken die nuwe MacBook Air gaan waarskynlik ook omtrent soveel kos.

Dit is nog nie bekend of die skootrekenaar ook aanstaande week in Suid-Afrika uitgereik gaan word nie.

Meer oor:  Apple  |  Tegnologie  |  Rekenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.