Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple: Spring om die jongste iOS te installeer

As jy dit nog nie gedoen het nie, moet jy so gou moontlik jou Apple-toestel opdateer.

Dit geld vir Mac, iPhone, iPad en Apple Watch. Volgens Apple maak die jongste opdatering ’n veiligheidsprobleem reg wat die maatskappy sê moontlik aktief benut kan word deur kuberkrakers.

Opdateer jou Apple-toestel so gou moontlik. Foto: Unsplash

Die opdaterings wat in iOS/iPadOS 14.5.1, macOS 11.3.1 en watchOS 7.4.1 vervat is, is bedoel om kode reg te maak wat in WebKit voorkom.

Dis veral gevaarlik vir mense wat van Apple se webblaaier gebruik maak eerder as van Chrome of Firefox.

Eenvoudig gestel, plak die jongste opdatering ’n gat toe wat kwaadwillige webwerwe kan gebruik om ongemerkte kode op jou toestel te laai. Jy moet dus nie uitstel om die opdatering te doen nie.

Vir ouer toestelle, ’n iPhone 5 of 6, iPad Air of Mini 2 en 3, het Apple die iOS 12.5.3 uitgereik wat die WebKit-foute regstel.

The Verge berig daar was twee onlangse opdaterings – iOS 14.4 en 14.4.2 – wat soortgelyke veiligheidsgate toegemaak het. Moet dus nie dink die jongste een is net nog ’n opdatering wat jy later kan doen nie.

Hoe om die opdaterings te installeer

Voordat jy dit opdateer, is dit ’n goeie idee om alles te stoor op iCloud, ingeval die opdatering probleme veroorsaak.

Hier is die stappe.

iPhone en iPad

  • Maak “Setttings” oop.
  • Klik op “General” en dan “Software Update”.
  • Jy kan op “More” klik om die weergawe te lees.
  • Klik op aflaai en installeer om die installasie uit te voer.

Mac

  • Klik op die Apple-menu.
  • Kies “About this Mac”.
  • Klik op “Software Update”. Dit sal die sagteware-opdateringstelselvoorkeur open.
  • Jy kan op die skakel “More” klik as jy meer wil weet oor die opdatering.
  • As jy gereed is om te installeer, klik “Update now”.

Die installering duur enkele minute, afhangende van die snelheid van die internetverbinding.

Apple Watch

  • Begin die Watch-app op jou iPhone.
  • Klik op “General”.
  • Klik op “Software Update”. Die app sal die opdatering aanlyn soek.
  • Wanneer die app die opdatering vind, sien jy ’n skerm met die uitreikingsnotas. Klik onder die aantekeninge op “Upload” en “Install”.

Vir meer oor die opdateringsproses, besoek macworld.com.

Meer oor:  Watch  |  Apple  |  Slimfone  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.