Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple TV+ is hier – en dis wat jy moet weet

Netflix, Showmax, DStv Now, Amazon . . . En nou Apple TV+ óók! Suid-Afrikaners het nou nóg ’n stromingsdiens om van te kies.

Apple TV+ is 1 November gelyktydig in 100 lande bekend gestel. Maar met honderde ure se inhoud wat reeds beskikbaar is op ander dienste, is dit die moeite werd om nóg geld elke maand uit te haal vir Apple TV+?

  

Wat kan ek daarop kyk?

  

Apple TV+ is van 1 November af beskikbaar.Foto: VERSKAF

Die grootste vraag is seker watter soort inhoud Apple TV+ bied wat nie op ander platforms beskikbaar is nie.

Op die oomblik is alles op Apple TV+ eksklusief en Apple het reeds aangedui hy gaan meer as $6 miljard aan die vervaardiging van oorspronklike inhoud spandeer.

Apple TV+ bied tans net sy eie inhoud, wat uit ’n handvol reekse van sowat tien episodes elk bestaan.

Maar daar is ’n paar groot name in van dié reekse.

The Morning Show met Reese Witherspoon, Jennifer Aniston en Steve Carell is glo heel goed, meen kritici. Dit neem glo egter ’n paar episodes om op dreef te kom.

Van die ander oorspronklike reekse sluit in die drama Dickinson oor die skrywer Emily Dickinson, en die wetenskapsfiksie See met Aquaman se Jason Momoa in die hoofrol.

Daar is tans nog geen flieks (buiten ’n enkele dokumentêr) of inhoud van ander produksiehuise op Apple TV+ nie. Daar is wel ook ’n paar reekse vir die kleinspan, insluitend Snoopy in Space.

  

Hoe kan ek die programme kyk?

  

Sou jy belang stel om enige van Apple TV+ se programme te kyk, kort jy Apple se TV-app.

Dié app is vooraf geïnstalleer op die meeste nuwe iPhones, iPads en is ook beskikbaar op sommige slimtelevisiestelle.

’n Apple TV-dekodeerder kan ook gebruik word.

Die diens is ook aanlyn beskikbaar op Apple se Safari-webblaaier, of op Chrome of Firefox.

Teoreties hoef mens dus nie ’n Apple-toestel te hê om na die programme te kyk nie, hoewel Apple die diens hoofsaaklik op sy sowat 900 miljoen iPhone-gebruikers mik.

  

Hoeveel kos dit?

  

Apple ding natuurlik mee met gevestigde name in die bedryf. Daarom het die maatskappy besluit om sy diens ietwat goedkoper te maak as die meeste ander.

Apple TV+ kos R85 per maand, teenoor Netflix en Showmax wat ’n minimumbedrag van R99 per maand kos.

Die prys van Amazon wissel afhangende van hoe lank jy al ’n intekenaar is.

Apple bied ook ’n jaar gratis aan almal met ’n iPhone 11, iPhone 11 Pro of iPhone 11 Pro Max, wat sowat ’n maand gelede uitgereik is.

Ander Apple-gebruikers kry 7 dae gratis om die platform te beproef.

  

Gaan die platform se aanbod verbeter?

  

Mens hoop so. Apple het beloof hy gaan nog miljarde dollars spandeer op oorspronklike inhoud, insluitend podsendings.

Kunstenaars soos Oprah en die bekende rolprentregisseur Steven Spielberg het ook ooreenkomste met Apple gesluit vir oorspronklike inhoud.

Volgens Apple gaan daar elke maand nuwe inhoud bygevoeg word, soortgelyk aan hoe Netflix en Showmax elke dan en wan nuwe inhoud oplaai.

Meer oor:  Apple  |  Stromingsdienste  |  Apple Tv+  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Apps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.