Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Ayo erken: Dit is Sasol wat twis oor kontrak

Ayo Technology Solutions het bevestig dat dit wel Sasol is wat sy kontrak met hom wil kanselleer.

Amabhungane, ’n eenheid vir ondersoekende joernalistiek, het Maandag berig dis uit Ayo se verslag oor sy tussentydse resultate, wat in Desember uitgereik is, duidelik wie die “beduidende kliënt” is wat ’n IKT-meesterdienskontrak wat in Mei 2018 gesluit is, wil kanselleer.

Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Ayo, die tegnologiefiliaal van African Equity Empowerment Investments (AEEI), waarvan dr. Iqbal Survé se beleggingsbeheermaatskappy Sekunjalo Investment Holdings die grootste aandeelhouer is, sê Woensdagaand in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat hy met Sasol oor die kansellasie van die kontrak onderhandel.

Die twee maatskappye het die kontrak ter waarde van R2,3 miljard in 2018 gesluit. Dit sou sewe jaar duur.

Ayo sê hy betwis Sasol se reg om die kontrak te kanselleer.

Hy sê reeds in die verslag wat in Desember gepubliseer is dat hy “op grond van die dispuut hom kragtens die ooreenkoms op die arbitrasieproses beroep en verwag dat die saak in die eerste kwartaal van 2020 aangehoor sal word.”

Ayo sê in die Sens-verklaring benewens dié arbitrasieproses, staan hy ook Sasol se dringende aansoek om “tussentydse verligting” teen wat by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien is.

Ayo sê hy hou aan om dienste aan Sasol te lewer totdat die prosesse afgehandel is.

Dit was juis dié kontrak met Sasol wat volgens getuies voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die groot rede was waarom dié korporasie prosesse aan die einde van 2017 gesystap het om R4,3 miljard in Ayo te belê as deel van sy notering op die JSE.

Die OBK het R43 per aandeel betaal. Sedertdien het Ayo se aandeelprys tot R1,31 geval.

Volgens Iress is die huidige markwaarde van Ayo R450,8 miljoen.

Meer oor:  Sekunjalo  |  Obk  |  Ayo Technology Solutions  |  Independent Media  |  Ayo  |  Iqbal Survé  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.