Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Ayo, Sasol skik oor multimiljard-kontrak
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Ayo Technology Solutions sal net tot Julie nog IKT-dienste aan Sasol verskaf.

In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê Ayo Donderdag die skikkingsooreenkoms is Dinsdag in die hof bereik nadat Sasol ’n dringende hofaansoek ingedien het as deel van sy poging om sy paaie te skei met dié van die omstrede tegnologiemaatskappy.

Ayo, die tegnologiefiliaal van African Equity Empowerment Investments (AEEI), waarvan dr. Iqbal Survé se beleggingsbeheermaatskappy, Sekunjalo Investment Holdings, die grootste aandeelhouer is, het in Mei 2018 ’n IKT-meesterdienskontrak met Sasol gesluit wat sewe jaar sou duur.

Die kontrak was ter waarde van R2,3 miljard.

Nadat Ayo weens markmanipulasie en ander ongerymdhede deur die loop van 2019 ondersoek is, wou Sasol sy kontrak met Ayo beëindig.

Dit was juis dié kontrak met Sasol wat volgens getuies voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die groot rede was waarom dié korporasie prosesse aan die einde van 2017 gesystap het om R4,3 miljard in Ayo te belê.

Sasol sal nou tot einde Julie van Ayo se dienste gebruik maak, maar daarna sal die kontrak eindig.

Ayo sê tot dan bly die IKT-dienskontrak “ten volle van krag”.

Meer oor:  Sasol  |  Ayo  |  Iqbal Survé
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.