Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Baie minder slimfone word verkoop

Internasionaal is in die drie maande tot einde Maart aansienlik minder slimfone as die ooreenstemmende tydperk in 2019 verkoop.

Verkope van nuwe Samsung-slimfone het in die eerste kwartaal van 2020 met byna 23% gedaal.Foto: Unsplash

Navorsing deur die konsultasiefirma Gartner wys dat slimfoonverkope in die eerste kwartaal met meer as 20% gedaal het.

Net minder as 300 miljoen toestelle is in dié tydperk verkoop teenoor byna 375 miljoen in die eerste kwartaal van 2019.

Van al die vernaamste handelsname is Huawei – met sy verkope wat met meer as 27% gedaal het – die swaarste getref.

Dié Chinese tegnologievervaardiger beleef ’n moeilike paar maande nadat Amerika se handelsdepartement maatskappye daar effektief verbied het om met Huawei sake te doen.

Dit het onder meer tot die verlies van Google se produkte en dienste op sy jongste slimfone gelei, wat potensiële kopers afgeskrik het.

Verkope van Huawei-toestelle het van meer as 58 miljoen in die eerste kwartaal verlede jaar (voor die verbod) tot net minder as 42,5 miljoen gedaal.

Huawei het wel nie baie nuwe toestelle deur die loop van die jaar uitgereik nie en sommige van sy toestelle is ook net in China beskikbaar.

Apple het ook ’n daling van 8,2% in verkope ondervind.

Samsung het nes Huawei ’n aansienlike daling van byna 23% gehad. Net Xiaomi, nog ’n Chinese tegnologievervaardiger, het enigsins groei getoon met sy verkope wat 1,4% op jaargrondslag hoër is.

Die Covid-19-pandemie word wel as die vernaamste rede vir die drastiese daling in die slimfoonverkope aangevoer.

Volgens Anshul Gupta, ’n senior navorser van Gartner, het die lang tye waarin die fabrieke tydens die pandemie in China gesluit moes word, veral vervaardigers soos Huawei en Apple geraak.

Die pandemie het ook die wêreldekonomie sleg getref, wat beteken dat verbruikers katvoet is om geld aan luukshede soos ’n nuwe slimfoon te bestee, sê Gupta.

Hy voorspel ook dat Huawei se jaar net verder gaan versleg omdat dié vervaardiger sal sukkel om ’n nuwe mark buite China vir sy toestelle sonder Google-programme te vind.

Huawei het juis pas sy nuwe vlagskipfoon, die P40, teen ’n stewige prys van bykans R17 000 in Suid-Afrika uitgereik.

Huawei geniet wel steeds ’n groter markaandeel as Apple met 14,2% teenoor Apple se 13,7%.

Samsung is met 18,5% steeds die wêreldwye markleier wat slimfoonverkope betref.

slimfoon

  • Die syfers in dié berig is aanvanklik verkeerdelik in duisende aangegee. Dit is nou aangepas na die korrekte getal in miljoene.
Meer oor:  Samsung  |  Apple  |  Huawei  |  Gartner  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.