Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bankbaas lê wakker oor Facebook
Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB. Foto: Elvira Wood

Mededinging in die banksektor hou Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, snags wakker.

Maar dis nie die nuwe toetreders tot die mark wat hom bekommer nie, eerder bestaande banke wat toenemend meer aandag aan tegnologie begin gee.

“Hulle beskik net soos ons oor die skaal en – wat baie belangrik is – lojale kliënte. Dit is hierdie banke wat vinnig ’n verandering in die sektor kan veroorsaak,” sê hy.

Celliers het Woensdag in Sandton, Johannesburg, FNB se nuutste tegnologiese innovasies aan die media bekend gestel.

Lees ook: Bank van die toekoms: fone en ‘Fitbits’

As skaal die ding is wat belangrik is, gaan daar pêre wees die dag as sosialemediaplatforms soos Facebook en Instagram bankdienste begin aanbied, sê hy.

“Hulle het massiewe platforms met baie inligting oor die mense wat dit gebruik. Dit sal ’n enorme invloed op die bankwese hê as hulle sou besluit om die sektor te betree.”

Nuwe banke soos Bank Zero of Discovery Bank, wat beoog om gedurende die loop van die jaar met hul werksaamhede te begin, bekommer hom nie.

“FNB is ná meer as 100 jaar een van die grootste banke in die land.

“Rolspelers wat beplan om die sektor te betree, beskik nie oor hierdie skaal nie. Dit gaan hulle ’n tydjie neem om daar te kom. Hulle gaan foute maak.

“Ek is seker dat hulle dit wel uiteindelik gaan regkry. Ons hou hulle dus wel dop.”

Op die vraag of die nuwe rolspelers se beloftes oor tegnologiese innovasie hom bekommer, skud Celliers sy kop.

“As jy die infrastruktuur en die mense met die regte vaardighede het, is dit baie maklik om vinnig ’n produk wat jou mededinger het, op jou eie platform te ontwikkel. Dit is nou te sê as jou kliënte ’n behoefte daarvoor het.”

Meer oor:  Fnb  |  Bank Zero  |  Discovery Bank  |  Jacques Celliers  |  Tegnologie  |  Bankbedryf  |  Banke  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.