Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Groot fout met Telkom se landlyndienste
Telkom is Suid-Afrika se grootste verskaffer van landlyndienste. Foto: Getty Images

Ondernemings landwyd ervaar probleme by inbelsentrums en met sommige landlyndienste weens ’n fout by Telkom.

Alle nommers in die 086- en 0800-reeks werk tans nie, wat beteken dat kliënte nie ondernemings met só ’n nommer kan bereik nie.

Die oorsaak van die fout is nog nie bekend nie. Telkom het wel by navraag bevestig daar is fout met sy stemdienste sedert 07:00 Dinsdagoggend.

Discovery het deur die loop van die oggend op Twitter gesê al sy oproepsentrums word deur die fout by Telkom geraak. Standard Bank het eweneens gesê sy inbelsentrums is nie nou beskikbaar nie.

“Jy sal dit dalk moeilik vind om tans ons inbelsentrum te kontak weens tegniese probleme met die telefoonlyn,” het Standard Bank op Twitter gesê. Hy het kliënte later per SMS gevra om alternatiewe nommers te skakel in geval van nood.

Landlyndienste landwyd blyk deur die probleem geraak te wees.

Telkom se eie inbelsentrum is Dinsdag ook deur die fout geraak. Die maatskappy het kort ná 13:00 op Twitter gesê kliënte kan hom SMS of WhatsApp op die selfoonnommer 081 160 1770 eerder as om sy inbelsentrum te kontak.

Telkom se 1023-diens was ook Dinsdag buite werking.

Telkom se mobiele diens funksioneer wel soos normaal.

In ’n verlaring sê Telkom sy tegniese span gee tans aandag aan die probleem en dat dit so gou as moontlik reggestel sal word.  

Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.