Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Behou só jou klets-info as jy van WhatsApp skuif

As jy nog wik en weeg om WhatsApp te verlaat, het Telegram nou ’n nuwe funksie wat jou keuse kan vergemaklik.

Telegram laat jou nou toe om al jou WhatsApp-besonderhede en -groepe oor te dra as jy wil skuif van dié kletsapp, wat aan Facebook behoort. Foto: Unsplash

Volgens Telegram het oor die 100 miljoen nuwe gebruikers net in Januarie by hom aangesluit nadat WhatsApp se nuwe privaatheidsreëls ’n groot bohaai veroorsaak het.

Telegram se jongste weergawe het ’n funksie wat WhatsApp-gebruikers toelaat om al hul kontakbesonderhede, kletsgeskiedenis met individuele kontakte en groepe na sy platform oor te dra.

iOS-gebruikers kan dit doen sodra hulle na die jongste weergawe van Telegram opgedateer is. Hulle maak dan die bladsy met kontakbesonderhede of groepbesonderhede in WhatsApp oop, klik op “Export Chat” en kies Telegram in die lys Share-opsies.

As jy individuele gesprekke direk wil skuif, kan jy dit doen deur links in ’n klets te blaai en “Export Chat” te kies.

Gebruikers kan dan kies waarheen hulle die kletsgeskiedenis wil skuif.

Android-gebruikers kan hul klets en besonderhede soos volg oordra:

  • Maak ’n WhatsApp-klets oop.
  • Tik op die “menu” met drie punte in die hoek regs bo.
  • Kies “More”.
  • Kies “Export Chat”.
  • Kies “Telegram” in die opsieslys.
  • Kies die klets waarheen jy die geskiedenis wil skuif.

Al die boodskappe sal onmiddellik na Telegram skuif, maar sal ook hul oorspronklike datum- en tydbesonderhede behou.

Hoewel video’s en dokumente ook geskuif sal word, het Telegram gesê die boodskappe en media sal nie ekstra stoorplek opneem nie.

Daar is ook ’n hele paar nuwe funksies in terme van media vir gebruikers met musiek en nuwe animasies om klets interessanter te maak.

Al die instruksies en besonderhede oor ander ontwikkelinge is op Telegram beskikbaar

Meer oor:  Kletsdiens  |  Whatsapp  |  Apps  |  Telegram  |  Sosiale Media  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.