Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bel nou die polisie sommer met jou Uber-app
Uber se tariewe is van Vrydag af 5% duurder in Suid-Afrika.

Uber se platform is nou nóg veiliger vir passasiers sowel as bestuurders.

Die gewilde taxidiens het in Oktober aangedui hy beplan om ’n doelgerigte nooddienslyn in sy app beskikbaar te stel waarmee gebruikers met die druk van ’n knoppie met private nooddienste in verbinding kan tree. Die diens is nou in Suid-Afrika in werking gestel, het Uber Maandag in ’n verklaring bevestig.

Die sogenaamde “noodknoppie” is in die jongste weergawe van die Uber-app ingebou. Gebruikers wat in nood verkeer, kan dit gebruik om ’n onafhanklike verskaffer van nooddienste te kontak wat dan sal help om die nodige owerhede te ontbied. Volgens Uber word dié diens dag en nag beman, sewe dae per week.

Die ingeboude nooddiens dien egter nie as ’n plaasvervanger vir nasionale nooddienste soos die polisie en ambulansdienste nie, waarsku Uber.

Uber het ook Vrydag ’n stewige verhoging in sy tariewe aangekondig. Die diens se prys styg met 50c per kilometer, wat beteken mense in Johannesburg wat gebruik maak van UberX, sal nou R8 per kilometer betaal en in Kaapstad, Durban en Port Elizabeth sal dit R7,50 per kilometer kos.

Die minimum tarief vir UberX styg ook van R20 tot R25.

Meer oor:  Uber  |  Taxidiens  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.