Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Belangrike internetkabel na SA breek weer

Die Wacs-kabel, wat Suid-Afrika via Brittanje aan die internet verbind, het weer gebreek.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsings-en-Opleidingsnetwerk (SANReN) het vroeg Saterdagoggend bevestig hulle bespeur weer probleme met die Wacs-kabel, wat ook in Januarie vanjaar heeltemal gebreek het.

Dit het tot ’n merkbare verlaging in die spoed van die internet in Suid-Afrika gelei.

Die SAT-3/Wasc-kabel het ook in Januarie gebreek, maar is sover bekend nog operasioneel nadat dit in Februarie herstel is. Die Wacs-kabel is ook in Februarie herstel nadat dit byna ’n maand buite werking was.

Die jongste Wacs-kabelfout blyk iewers tussen Londen en die kus van Portugal te wees, het SANReN in ’n twiet gesê.

Die fout het tans geen nadelige uitwerking op die internetspoed in Suid-Afrika nie, want internetverkeer is na van die ander ondersese kabels herlei. Die situasie kan egter in die komende dae verander omdat Suid-Afrikaners tydens die staat van inperking van die huis af moet werk, wat beteken die vraag na internet is heelwat hoër as wat dit normaalweg is

Suid-Afrika word deur minstens ses belangrike ondersese kabels aan die internet verbind.

  • Seacom, aan die ooskus van die vasteland, verbind Mtunzini in KwaZulu-Natal met Marseille in Frankryk en bied ’n totale vermoë van 12 teragrepe per sekonde.
  • Die SACS-kabel tussen Brasilië en Angola het ’n vermoë van 40 teragrepe per sekonde.
  • Die EASSy-kabel tussen Mtunzini en Port Soedan se vermoë is 10 teragrepe per sekonde.
  • Die Ace-kabel tussen Frankryk en Yzerfontein bied ’n vermoë van 5 teragrepe per sekonde.
  • Die SAT-3/Wasc-kabel tussen Portugal, Spanje en Suid-Afrika bied ’n vermoë van 340 gigagrepe per sekonde.
  • Die Wacs-kabels met ’n vermoë van 14,5 teragrepe.

SANReN kon nog geen aanduiding gee van wanneer die jongste fout op die Wacs-kabel herstel gaan word nie.

Meer oor:  Wacs  |  Internet  |  Data  |  Veselinternet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.