Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Beleggers kies Prosus- eerder as Naspers-aandele
A Naspers Ltd. logo is displayed on a large electr
Meeste aandeelhouers van Naspers se gewone aandele het nuwe aandele in Prosus, eerder as Naspers, gekies. Foto: Getty Images

Verreweg die meeste van Naspers se gewone aandeelhouers -  nagenoeg 96% - het gekies om Prosus-aandele te ontvang eerder as nog Naspers-aandele.

Meer as 422 miljoen Naspers M-aandele is Maandag uitgereik en dis dié aandele wat teen Dinsdag omgeskep sal word in Prosus- gewone aandele.

Dit beteken effektiewelik Naspers-aandeelhouers wat 422 miljoen Naspers-aandele besit, het gekies om te belê in die nuwe maatskappy, wat Vrydag op die Euronext Amsterdam genoteer het. Vir dié opsie is aandele in die verhouding een tot een uitgereik.

Daarteenoor is net 6 miljoen bykomende Naspers N-gewone aandele uitgereik, wat beteken aandeelhouers wat sowat 16,3 miljoen aandele besit, het gekies om eerder net in Naspers belê te bly. Hulle het nagenoeg 37% van ’n Naspers-aandeel ontvang vir elke aandeel wat hulle reeds besit.

Aandeelhouers moes dié keuse uitoefen as deel van die ontknoping van Naspers se oorsese internetbedrywighede in Prosus. Naspers self besit nou 74% van Prosus en die vrylik verhandelbare aandele is 26%.

Prosus se aandeelprys, wat verlede Woensdag op R1 238,50 genoteer het, het Maandag gedaal en was teen 12:00 sowat R1 177,43 werd. Naspers se aandeel het verlede week gestyg, maar Maandag effens teruggesak tot R2 482,51. Naspers se aandeel het met nagenoeg ’n derde geval vanweë die ontknoping.

Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Aandeelhouers  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.