Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Bestel’ gou ’n werker op Uber
Uber wil graag winsgewend word, maar sukkel. Foto: Getty Images

Die taxidiens Uber het begin om werkgewers in verbinding te bring met persone wat soek na tydelike werk.

Die diens heet Uber Works en is vir eers net in die Amerikaanse stad Chicago beskikbaar.

Dit stel werkgewers in staat om per app ’n versoek uit te stuur vir enigiemand wat gewillig is om te kom uithelp op ’n tydelike grondslag.

Die maatskappy beskryf dit as die ideale oplossing vir onder meer restaurante wat dringend op soek is na nog kelners op besige aande, of wanneer gereelde kelners nie opdaag vir ’n skof nie.

Dié nuwe uitbreiding van die Uber-diens kom te midde van strawwe kompetisie in Asië tussen app-gegronde taxidienste.

Uber sukkel ook steeds met reguleerders oor die wêreld heen.

Die maatskappy het ’n verlies van $5,2 miljard in die tweede kwartaal vanjaar verklaar. Sy groei in inkomste is besig om te taan en ontleders is bekommerd dat die maatskappy nooit winsgewend gaan wees nie.

Deur na ander nywerhede uit te brei word gehoop dit sal Uber help om kop bo water te hou.

Daar is nog geen aanduiding wanneer Uber Works in ander stede of lande beskikbaar gaan wees nie. – Reuters

Meer oor:  Uber  |  Taxidiens  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.