Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
'Betaal eers belasting voor jy porno kan kyk'
Inwoners van die Amerikaanse deelstaat Rhode Island gaan kragtens nuwe wetgewing binnekort dalk verbied word om pornografie te kyk alvorens 'n heffing betaal word.

Dok eers $20 (sowat R237) in “belasting” op, of jy kry geen pornografie aanlyn te sien nie. Jy sal boonop skriftelik moet aansoek doen en bewys dat jy ouer as 18 is.

Internetdiensverskaffers sal ook verplig word om “seksuele en/of klaarblyklik afstootlike inhoud” te blokkeer.

Dit is van die bepalings in ’n wetsontwerp wat twee lede van die piepklein Amerikaanse deelstaat Rhode Island se senaat ter tafel gelê het, berig die International Business Times.

Luidens die voorstel deur Frank Ciccone en Hanna Gallo, senatore van die Demokratiese Party, is “afstootlike inhoud” enigiets wat weersinwekkend genoeg is om die “huidige stand van fatsoenlikheid” te beledig.

Inwoners van Rhode Island wat aanlyn toegang daartoe wil verkry, sal deur ’n streng aansoekproses moet gaan en die heffing van $20 moet betaal.

Voornemende kykers van pornografie sal ook moet verklaar dat hulle die potensiële skade verstaan wat mag volg, sou toegang tot dié webwerwe verkry word.

Die geld wat met die heffing van $20 ingesamel word, moet gebruik word om menseroof te bekamp. Die senatore het nie gesê waarom hulle dink ’n verbod op pornografie is die beste manier om menseroof te bekamp nie, of hoe hulle op die bedrag van $20 besluit het nie.

Soortgelyke wetgewing is ook in verskeie ander Amerikaanse deelstate voorgestel, insluitend Alabama, Texas, Georgia, en Indiana. Nie een van dié state het dit al aanvaar nie.

Florida het pornografie verlede maand tot ’n “gesondheidsrisiko” verklaar, berig The Hill. Hy het onder hewige kritiek deurgeloop omdat hy dié mosie aanvaar het kort nadat hy ’n mosie verwerp het om wetgewing wat aanvalswapens verbied, te oorweeg ná die massamoord by ’n skool in die staat.

Bronne: International Business Times, BGR.com, The Hill.

Meer oor:  Amerika  |  Wetgewing  |  Pornografie  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.