Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bitcoin val al laer
Die digitale geldeenheid bitcoin se waarde het oor die naweek tot onder $4 000 gedaal.

Waar daar ’n jaar gelede aan die einde van 2017 geen keer aan bitcoin se waarde was wat aanhou styg het nie, blyk dit nou aan die einde van 2018 dat presies die teenoorgestelde aan die gebeur is. Daar is geen einde aan sy val nie.

Bloomberg berig bitcoin het die naweek tot ’n nuwe laagtepunt van $3 635 geval. Dit het vroeg Maandagoggend weer tot $3 967 herstel.

Die digitale geldeenheid het die afgelope week reeds 33% van sy waarde verloor. Die afgelope jaar het die prys met 75% teruggesak.

Bykans ’n jaar gelede, op 17 Desember, het bitcoin teen ’n enorme $19 666 verhandel.

Bloomberg berig baie van die redes hoekom die prys van bitcoin ’n jaar gelede teruggesak het, het nou weer kop uitgesteek.

Handelaars is bekommerd oor hoe digitale geld gereguleer gaan word terwyl onderlinge geskille op platforms glo tot verdere ondersekerheid gelei het.

Stephen Innes, van die valutahandelaar Oanda, dink egter die prys kan nog verder daal.

“Daar is nog steeds baie mense wat hierby betrokke is,” sê hy.

“Hierdie ding gaan in ’n monster verander as die prys tot sowat $3 000 daal. Ons gaan baie mense sien wat daarvan ontslae gaan wil raak,” voorspel hy.

Innes glo die geldeenheid, wat vanjaar reeds ’n dekade oud is, behoort op kort termyn teen tussen $3 500 en $6 500 te verhandel. Hy sê dit is egter nie onmoontlik dat dit in Januarie tot so laag as $2 500 kan daal nie.

Belasting

Net omdat bitcoin se waarde drasties gedaal het, beteken dit nie die einde is noodwendig in sig vir dié geldeenheid nie.

Die Amerikaanse deelstaat Ohio het onlangs aangekondig dat sakeondernemings nou belasting met bitcoin mag betaal.

The Wall Street Journal berig glo dat Josh Mandel, die staatstesourier, gesê het sakeondernemings kan op OhioCrypto.com registreer om belasting só te betaal.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Kriptogeld  |  Bitcoin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.