Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bitcoin val steeds skerp
Die prys van bitcoin het in Augustus reeds met 23% gedaal.

Die bitcoinprys het weer tot onder die vlak van $6 000 gedaal omdat al meer mense van hul kriptogeld probeer ontslae raak.

Meer as ’n dosyn ander digitale geldeenhede, insluitende ethereum, het ook skerp gedaal.

Bitcoin het Maandag met 6,2% tot $5 887 gedaal – sy laagste vlak sedert Junie.

Die prys het intussen weer tot $5 995 herstel, sê CoinDesk.

Volgens die plaaslike verhandelingsplatform Luno beloop die prys van bitcoin R90 601 nadat dit vroeër R88 000 was.

Ethereum verhandel teen $269, oftewel R4 051 op Luno.

Dis ’n daling van minstens 12% oor die laaste 24 uur. Die totale markkapitalisasie van digitale geldeenhede beloop nou $190 miljard, ’n beduidende daling van ’n hoogtepunt van $835 miljard in Januarie vanjaar.

Hoewel kripto-entoesiaste in Julie vol hoop was dat ’n nuwe bitcoin-gesteunde beursverhandelde fonds nuwe beleggers na die mark sou lok, het Amerikaanse reguleerders nog nie op verskeie voorstelle vir só produk afgeteken nie.

Tot dusver het die bitcoinprys vanjaar met 58% gedaal, 23% net in Augustus. - Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Kriptogeld  |  Kriptogeldeenhede  |  Bitcoin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.