Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
BlackBerry se fone hier om te bly
BlackBerry se Priv, die eerste BlackBerry wat op die Android-bedryfstelsel werk.

BlackBerry sal altyd slimfone maak, selfs al beteken dit hy moet meer saamwerk met ander vervaardigers soos Samsung en Apple, sê John Chen, BlackBerry se uitvoerende hoof.

Chen wil die toestelafdeling van die maatskappy weer winsgewend kry binne die volgende twee kwartale en die verkope van Priv – die maatskappy se eerste foon wat Android gebruik – verhoog.

Indien dit gebeur, sal BlackBerry nuwe slimfone van sy eie bekend stel.

Indien nie, sal sy apps vir produktiwiteit en sagteware wat data beskerm, beskikbaar wees op slimfone van ander maatskappye, het Chen gesê.

“Wanneer ek aan mense sê ‘as ons nie geld maak nie, gaan ons nie meer in die toestelbedryf wees nie’, bedoel ek die hardeware. Ons het tonne sagteware,” sê hy.

“Dit kan absoluut werk op nie net Android-fone nie, maar Apple en Windows se fone.”

BlackBerry se boodskapdiens is reeds op Apple- en Android-slimfone beskikbaar.

BlackBerry het die wêreld verslaaf gemaak aan mobiele e-pos in die vroeë 2000’s en die era van slimfone begin, maar hy kon nie byhou by die verandering in verbruikers se smaak nie.

Die maatskappy het die afgelope kwartaal 700 000 slimfone verkoop, die minste sedert 2007. In November het hy Android se bedryfstelsel gekies eerder as sy eie vir die nuwe foon, die Priv.

Dit het BlackBerry se gebruikers die kans gegee om die honderdduisende apps van Google die eerste keer te gebruik.

Chen sê hy sal dit verkies om ’n vervaardiger van slimfone te bly, maar sien ook goeie geleenthede om BlackBerry se tegnologie te lisensieer en te verkoop aan ander vervaardigers of sy sagteware te gebruik in hul toestelle.

BlackBerry verdien steeds sowat 40% van sy inkomste uit slimfone, maar die maatskappy se groei kom amper uitsluitlik van sy sagteware, wat maatskappye en regerings help om hul werknemers se toestelle veiliger te maak.

– Bloomberg

Meer oor:  Blackberry  |  Slimfone  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.