Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Blue Label slaan vure dood oor Cell C-krisis

Die grootste aandeelhouer in Cell C, die genoteerde Blue Label Telecoms, het in ’n verklaring vure probeer doodslaan oor die ope brief wat die selfoongroep se uitvoerende hoof aan die media gestuur het.

Sakepraktyke by Cell C word deur die regsfirma Bowmans en die ouditeurs PwC ondersoek. Foto: Fin24

Daarin is onder meer onthul ’n ondersoek word oor onreëlmatige sakepraktyke by hom gedoen.

Blue Label het die verklaring uitgereik ná die reaksie van sy aandeelhouers op die ope brief. Blue Label se aandeelprys het Donderdag in ’n stadium met 13% geval, maar het laatmiddag effens herstel om 10% laer te sluit.

“Blue Label wil sy aandeelhouers verseker dat geen wesenlike kommer of kwessies onthul is as gevolg van die nuwe bestuur van Cell C wat ’n diep duik (deep dive) oor sy sakepraktyke uitvoer in ’n poging om doeltreffendheid te verbeter nie. Dit is ’n voortgesette proses en aandeelhouers sal in kennis gestel word van die vordering wat gemaak word.”

Dit is nie duidelik hoekom Blue Label daarna as ’n “diep duik” verwys nie terwyl die uitvoerende hoof van Cell C, Douglas Craigie Stevenson, spesifiek in sy ope brief daarna verwys het dat die prokureursfirma Bowmans aangestel is om dele van die onderneming te ondersoek waar vermoed word onreëlmatige sakepraktyke plaasvind, terwyl PwC ook aangestel is om ’n oudit oor aankope te doen en sy prosesse in dié verband te hersien.

Blue Label het ook gesê aandeelhouers sal ingelig word oor die vordering met ’n transaksie om die likiditeitskwessie by Cell C op te los. Die transaksie is glo al ver gevorderd.

Stevenson het in sy brief verwys na die moontlikheid van herkapitalisering wat met sy omkeerplan gepaard sal gaan.

Hy het gesê Cell C het met drastiese stappe begin om sy finansies te verbeter. Cell C het te veel skuld.

“Blue Label en die Buffet-konsortium is ten volle bewus van Cell C se poging om sy netwerk, tegnologie en menslike kapitaal doeltreffend te benut en ons ondersteun die bestuur se inisiatiewe.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.