Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Blue Label weer in die swart ná Cell C-afskrywings

Blue Label Telecoms, die maatskappy wat 45% van die sukkelende selfoonmaatskappy Cell C besit, verwag ’n skerp styging in sy wins, maar dis bloot omdat sy belegging in Cell C afgeskryf moes word.

Blue Label Telecoms
Die embleem van Blue Label Telecoms, wat ’n belang van 45% in Cell C besit.

Die groep het die mark ingelig dat sy basiese, wesens- en kernwesensverdienste vir die ses maande tot einde November met meer as 20% gaan styg teenoor dieselfde halfjaar van 2018.

Hy gaan nou ’n (positiewe) verdienste van onderskeidelik minstens 2,52c, 3c en 2,28c per aandeel aanmeld, teenoor die verliese van 2018. In 2018 was sy basiese verlies 12,59c per aandeel, die wesensverlies 15,02c en die kernwesensverlies 11,39c.

Die wins kom nadat Blue Label verlede jaar sy hele belegging in Cell C afgeskryf het. Blue Label het in Augustus 2017 sy belang van 45% in Cell C teen R5,5 miljard bekom.

Vir die ses maande tot 2018 is billikewaardeverliese van altesame R493 miljoen weergegee, asook ekwiteits-verantwoorde verliese in Cell C van R133 miljoen.

Dié verliese is nie weer in die 2019-halfjaar herhaal nie aangesien die blootstelling aan Cell C teen 31 Mei 2019 ten volle verreken is. Dit verklaar dus die verlies wat ’n wins geword het.

Blue Label sal die mark, soos die JSE vereis, inlig wanneer hy meer akkurate syfers kan weergee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.