Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Blue verwag nou wins ná Cell C nie meer impak het

Die telekommunikasiegroep Blue Label Telecoms, wat 45% van Cell C besit, verwag nou ’n wins vir die halfjaar tot einde November vergeleke met die verlies wat aanvanklik verwag is.

Die groep het ’n tweede handelsverklaring vir die tydperk uitgereik waarin meer presiese inligting oor sy wins per aandeel gegee is.

Die aanvanklike handelsverklaring is ’n maand gelede uitgereik.

’n Verlies per aandeel van 12,59c is in die halfjaar tot einde November 2018 gely. Die wesensverlies was 15,02c per aandeel.

Aanvanklik is verwag ’n verlies gaan steeds gely word, maar dat dit onderskeidelik tot 2,52c en 3c gaan krimp.

Nou word verwag ’n wins per aandeel van tussen 34,20c en 35,46 gaan getoon word.

Die wesenswins gaan tussen 39,40c en 40,74c wees.

Die ommekeer is onder meer daaraan toegeskryf dat Blue Label in die boekjaar tot einde Mei 2019 die volle drawaarde van sy belegging in Cell C afgeskryf het. Dit beteken die finansiële resultate van Cell C het nie in die halfjaar ’n impak op sy syfers gehad nie.

In die ooreenstemmende halfjaar het die groep se verlies in sy aandeel in Cell C R133 miljoen beloop.

Meer oor:  Cell C  |  Blue Label Telecoms  |  Wins  |  Verlies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.