Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bly tuis tot Julie 2021, sê Facebook aan sy werkers

Facebook se werknemers hoef nou eers oor ’n jaar terug te gaan na hul kantoor.

Die maatskappy het al sy werknemers weens die koronaviruspandemie toestemming gegee om minstens tot Julie 2021 van die huis af te werk.

Facebook gee aan elke werknemer $1 000 om die nodige toerusting aan te skaf om doeltreffend van die huis af te kan werk.

Facebook sluit aan by verskeie ander tegnologiemaatskappye wat soortgelyke maatreëls ingestel het in ’n poging om die verspreiding van die koronavirus te help bekamp.

Die ingang na Facebook se hoofkantoor in Menlo Park, Kalifornië. Foto: Reuters

Google het in April gesê dat werknemers wat van die huis af kan werk dit tot minstens einde Junie 2021 kan doen.

Twitter het weer aangekondig sy werknemers kan vir ewig van die huis af werk indien hulle wil.

“Gegrond op die inligting van kundiges sowel as interne gesprekke oor die saak, sal ons werknemers toelaat om vrywillig tuis te bly tot Julie 2021,” sê ’n woordvoerder van Facebook.

“Daarbenewens gee ons werknemers ’n ekstra $1 000 vir kantoorbehoeftes.”

Facebook sal wel intussen begin om sy kantore weer te heropen in ooreenstemming met wat plaaslike owerhede toelaat en in gebiede waar die virus minder voorkom.

Dit is egter onwaarskynlik dat enige van sy kantore in Amerika of Suid-Amerika voor die einde van die jaar sal heropen weens die hoë getalle van infeksies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.