Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Boeing se ‘motor’ kry vlerke, slaag toetsvlug

’n Outonome vlieënde kar wat deur Boeing vervaardig word het Dinsdag sy eerste toetsvlug voltooi en mik om binnekort passasiers in groot stede rond te vlieg.

Boeing se outonome passasiers-lugvaartuig prototipe in Manassas, Virginia in die VSA. Foto: Bloomberg

Die lugtaxi is ’n mengsel van ’n elektriese lugvaartuig en motor wat deur middel van hoogs intelligente rekenaarsagteware self deur die lug vlieg. Deur sy vier elektriese skroefturbines te gebruik kan die vaartuig vertikaal opstyg om verkeersknope in stede te vermy.

Boeing se prototipe het sy eerste opstyging, sweefhang en landing in Manassas, Virginia in die VSA voltooi, het die vervaardiger van militêre en passasiersvliegtuie in ’n verklaring aangekondig.

Volgens Boeing kan die prototipe meer as 80 km aflê sonder om herlaai te word.

Boeing en sy mededinger Airbus is net twee van ’n reeks maatskappye wat besig is om lugtaxis en aflewerings-hommeltuie te vervaardig vir ’n mark wat glo dié soort tegnologie vinnig gaan opneem.

Vahana is ’n eenvoudiger outonome lugtaxi wat deur A3 ontwikkel word en byna reg is vir bekendstelling, maar selfs die mikroskyfievervaardiger Intel en EHang toets al hul eie prototipes.

Boeing se vordering het ’n aansienlike hupstoot gekry deur sy verkryging van Aurora Flight Sciences, ’n maatskappy wat al baie vordering gemaak het om vir Uber ’n vlieënde taxi te ontwikkel.

Volgens die beleggingsbank Morgan Stanley kan dié tegnologie teen 2040 tot die vorming van ’n bedryf van $2 900 miljard lei. Maar selfs sy konserwatiefste skattings dui op ’n bedryf met ’n waarde van minstens $615 miljard.

Toekomstige toetse van Boeing se 10 m lange en 9,5 m breë lugtaxi sal fokus op die vaartuig se vermoë om ná ’n vertikale opstyging (soos reeds getoets is) te kan oorskakel na horisontale vlug. Daarmee saam kom voortdurende toetse van veiligheidsmaatreëls en betroubaarheid.

Volgens Uber gaan sy eie lugtaxi gereed wees om binne die volgende vyf jaar stedelike vervoer te ontwrig.

Reeds in 2016 het dié maatskappy gesê sy meesterplan is om in die 2020’s ’n hele netwerk van “lug-taxi’s” tussen stede te skep.

Sy hoofvennoot is nou die Bell-maatskappy wat ’n voormalige vervaardiger van militêre vertikale-opstyg-en-land- (VTOL) vliegtuie is. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Uber  |  Boeing  |  Drones  |  Tegnologiemaatskappye  |  Openbare Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.