Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Boewe verruil bitcoin vir ander kriptogeld
Kriminele verkies deesdae kriptogeldeenhede soos monero om sake mee te doen.

Nie net is die prys van bitcoin steeds besig om te daal nie, maar misdadigers begin ook nou dié kriptogeldeenheid verwerp vir ’n ander.

Nuwe kriptogeldeenhede soos monero is vinnig besig om veld te wen in die ondergrondse wêreld van misdadige bedrywighede, veral omdat dit moeiliker vir wetstoepassers is om transaksies daarmee dop te hou.

Weens bitcoin se gewildheid as betaalmetode vir misdadigers het wetstoepassers programmatuur ontwikkel wat bitcoin-transaksies deur bekende booswigte kan monitor. Talle firmas, soos Chainalysis, monitor etlike transaksies elke dag en stel verhandelingsplatforms in kennis indien hulle verdagte transaksies optel waar individue bitcoin vir tradisionele kontant wil verruil.

Nou waarsku die Europese weergawe van Interpol, Europol, in ’n verslag dat al hoe meer boewe ander kriptogeldeenhede begin gebruik juis om waghonde soos Chainalysis te ontglip.

Monero nou 'n gunsteling

Vir kuberaanvalle met sogenaamde losprysware (ransomware) is monero nou “een van die gunstelinge,” sê Matt Suiche, stigter van die Dubaise sekuriteitsfirma Comae Technologies. Uitbuiters verkry toegang tot argelose gebruikers se rekenaars en sluit hul toestelle totdat ’n losprys in monero oorbetaal word.

Trouens, die waarde van monero het in die laaste twee maande van 2017 viervoudig vermeerder tot $349. Bitcoin het in dieselfde tydperk verdubbel in waarde waarna dit weer teruggesak het.

Anders as bitcoin versteek monero die adres van waar geld gestuur word, sowel as die bedrag wat verhandel word. Dit beteken misdadigers kan makliker anoniem sake doen.

Die situasie het reeds so ver gevorder dat enige monero-transaksie nou al gevaarligte laat aangaan, sê Pawel Kuskowski, uitvoerende hoof van Coinfirm, ’n maatskappy wat verhandelingsplatforms help om “vuilgeld” op te spoor.

“Ons hanteer al dié anonieme transaksies as hoë risiko,” verduidelik hy. “Hoe gaan jy bewys hierdie fondse kom nie van ’n onwettige bron nie?”

Monero is nie al kriptogeldeenheid wat hoogty vier onder misdadigers nie. Sy groot teenstander, Zcash, bied selfs beter maniere om anoniem sake te doen. Anders as monero wat vals adresse skep vir diegene wat geld stuur, verdoesel Zcash die adres heeltemal. Dit maak dit onmoontlik om iemand per toeval te identifiseer deur te kyk na ooreenkomste tussen adresse – ’n swak plek in monero se manier van werk.

Die skeppers agter monero hou vol die platform is nie doelbewus ontwerp om misdadigers by te staan nie en dat hulle bloot ’n geldeenheid geskep het wat privaatheid hoog op prys stel.

Bronne: Bloomberg, My Broadband

Meer oor:  Kriptogeldeenheid  |  Geldwassery  |  Bitcoin  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.