Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bolt gaan eers volgende jaar hier kos aflewer

Bolt, Uber se grootste mededinger in Suid-Afrika, gaan nou eers aanstaande jaar sy beplande kosafleweringsdiens in Suid-Afrika bekend stel.

Kosaflewering raak toenemend gewilder, maar Bolt het nou sy planne vir so 'n diens in Suid-Afrika uitgestel. Foto: iStock

Dié app-gegronde taxidiens het reeds in Maart aangedui hy wil nou ook begin kos aflewer. Buiten saamrygeleenthede lewer Uber ook reeds ’n geruime tyd kos af in van Suid-Afrika se vernaamste stede, waaronder Kaapstad, Johannesburg en Durban.

Bloomberg berig Woensdag dat Bolt, wat voorheen as Taxify bekend gestaan het, pas met kosaflewering in sy tuisland, Estland, begin het.

Gebruikers sal kos van meer as 80 restaurante in die hoofstad Tallin kan bestel.

Mark Villig, uitvoerende hoof van Bolt, het in Maart aangedui dat die maatskappy beslis dié diens ook na ander lande uitbrei waarin hy die markleier is.

Hy het destyds Suid-Afrika uitgesonder en gesê die maatskappy beplan om die “beste kosafleweringsdiens” in die land te skep.

Vir eers blyk dit egter honger Suid-Afrikaners sal nog ’n rukkie moet wag voordat hulle hul aandete op Bolt kan bestel.

Daar is wel reeds verskeie aanlyn opsies beskikbaar vir kosaflewering in Suid-Afrika. Afgesien van Uber Eats kan daar ook happies bestel word op Mr Delivery, wat aan Takealot behoort, of OrderIn.

Meer oor:  Bolt  |  Tegnologie  |  Taxidiens  |  Kosaflewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.