Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bolt nou in dié 25 SA dorpe en stede beskikbaar
bolt
Bolt is nou in 25 stede en dorpe regoor Suid-Afrika beskikbaar.

Die app-gegronde taxidiens Bolt het die aantal dorpe en stede waar hy in Suid-Afrika sake doen, verdubbel.

Hy doen nou sake in kleiner dorpe soos Upington, Welkom, Kimberley en Grahamstad.

Dit is deel van die Estlandse maatskappy se volgehoue pogings om sy grootste mededinger, Uber, ore aan te sit.

Sedert sy bekendstelling in 2013 het Bolt, voorheen bekend as Taxify, reeds meer as $200 miljoen van beleggers ontvang.

Ontleders verwag dat die maatskappy al meer op ontluikende markte in die ontwikkelende wêreld, soos Suid-Afrika, gaan fokus.

In ’n verklaring sê Bolt hy beplan om ruim in Suid-Afrika sowel as op die res van die vasteland te belê.

Tans geniet Bolt ’n plaaslike markaandeel van net sowat 25% teenoor Uber wat 75% van die mark vir aanlyn taxidienste oorheers.

Uber het vroeër vanjaar aangedui dat meer as ’n miljoen mense reeds plaaslik sy app afgelaai het.

“Bolt se fokus in Europa en Afrika onderskei ons van ons mededingers en die sukses van dié strategie is duidelik,” sê Markus Villig, uitvoerende hoof.

Hy beskou Suid-Afrika as een van Bolt se grootste markte.

Bolt doen tans sake in ses Afrikalande.

Die diens brei nou uit na dorpe in die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Noordwes, sê Bolt in ’n verklaring.

Uber is net beskikbaar in ses Suid-Afrikaanse stede.

Die maatskappy het aan Reuters gesê meer as 2 miljoen Suid-Afrikaners het al aangeteken op sy platform en dat sy inkomste in die land met 75% op ’n jaargrondslag toegeneem het.

bolt

Bolt is nou in dié dorpe en stede beskikbaar:

  • Kaapstad
  • Durban
  • Oos-Londen
  • Witbank (Emalahleni)
  • Ermelo
  • George
  • Knysna
  • Plettenbergbaai
  • Mosselbaai
  • Grahamstad
  • Johannesburg
  • Kimberley
  • Mbombela
  • Umtata
  • Phuthaditjhaba (Qwaqwa)
  • Pietermaritzburg
  • Polokwane
  • Port Elizabeth
  • Potchefstroom
  • Pretoria
  • Queenstown
  • Rustenburg
  • Thohoyandou
  • Upington
  • Welkom
Meer oor:  Uber  |  Bolt  |  Taxify  |  Tegnologie  |  Taxidiens  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.