Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Brittanje wil ook na ruimte begin vlieg
Een van SpaceX se vuurpyle word vroeër gelanseer. Foto: SpaceX

Die najaag van die ontwikkeling van kommersiële vlugte na die ruimte het nou oorgespoel na die Verenigde Koninkryk.

Dié land het Maandag aangekondig sy eerste vertikale ruimtevlugsentrum gaan in die noorde van Skotland opgerig word.

Volgens die Britse ruimteagentskap is dié streek “geografies op die regte plek” om ruimtetuie van te lanseer.

Die meeste kommersiële vlugte na die ruimte vind tans vanaf die Amerikaanse deelstaat Florida en die Franse gebied Guiana in Suid-Amerika plaas.

Die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) en die Europese ruimteagentskap lanseer albei satelliete wat bestem is vir ’n geostasionêre wentelbaan vanaf Guiana, omdat dit naby aan die ewenaar is.

Die Britse regering het vroeër vanjaar $66 miljoen toegeken vir die bevordering van sy belange op die ontluikende gebied van kommersiële ruimtereise.

“Ons is daartoe verbind om ’n kommersiële mark vir toegang tot die ruimte in die Verenigde Koninkryk te ontwikkel,” het Graham Turnock, uitvoerende hoof van die land se ruimteagentskap, in ’n verklaring gesê. “Ons sal enige maatskappy bystaan wat hier wil werk.”

Die Verenigde Koninkryk vervaardig reeds bykans die helfte van klein satelliete en ongeveer ’n kwart van die wêreld se telekommunikasiesatelliete.

Sodra die nuwe ruimtevlugsentrum in werking gestel word, sal dit die Verenigde Koninkryk Europa se mees toeganklike land maak vir die bou, bekendstelling, lansering en instandhouding van satelliete. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Brittanje  |  Tegnologie  |  Ruimte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.