Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Britte wil 1 000 nuwe selfoontorings in SA bou

Die Britse maatskappy Helios Towers wil oor die volgende drie jaar 1 000 selfoontorings in Suid-Afrika bou.

Meer selfoontorings is nodig vir die aankoms van supervinnige 5G-selfoonsein.Foto: Pixabay

Dié maatskappy bedryf reeds selfoontorings in Ghana, Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo en sy sakemodel is gegrond op sowel die bestuur van bestaande torings as die bou van nuwes wat dan aan selfoonnetwerke verhuur word.

Suid-Afrika het tans sowat 30 000 selfoontorings, waarvan 3 000 deur onafhanklike ondernemings bestuur word.

Helios het in Januarie reeds die Suid-Afrikaanse mark betree toe hy ’n ander onafhanklike maatskappy gekoop het wat torings bestuur. Helios bestuur dus reeds 500 torings in die land en beskou dié verkryging as deel van sy plan om ’n stewige vastrapplek in ’n mark te kry wat volgens vooruitsigte die ontwikkeling van 5G-netwerke in Afrika suid van die Sahara sal lei.

Kash Pandya, uitvoerende hoof van Helios, sê die maatskappy sal ook daarna kyk om bykomende torings van plaaslike selfoonnetwerke soos MTN en Vodacom te koop.

“Terwyl die fokus op die bou van nuwe torings in die land is, het ons met die verkryging van SA Towers onlangs 500 potensiële toringpersele gekry en ons kyk na nog moontlikhede,” het Pandya aan Bloomberg gesê.

Helios gaan ’n leningsfasiliteit van $100 miljoen gebruik en beoog om in die nabye toekoms ’n tweede aanvanklike openbare aanbod bekend te stel.

Die maatskappy het ’n toename van 13% tot $46,5 miljoen in sy verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings vir die vierde kwartaal aangeteken. Helios het $31 miljoen minder kontant aan die einde van 2018 gehad vergeleke met die vorige jaar, met ’n totaal van $89 miljoen. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Mtn  |  Vodacom  |  Selfoontorings  |  Selfoonmaatskappye  |  Selfoonnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.