Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Buckingham-paleis ‘te huur’ teen £1 mil. per nag
Buckingham-paleis is die koninklike woning van koningin Elizabeth van Brittanje. Foto: Getty Images

Brittanje se koningin Elizabeth kan tot £1,03 miljoen (R19 miljoen) per nag verdien sou sy Buckingham-paleis op Airbnb uitverhuur.

GuestReady, ’n verhuringsmaatskappy wat verskeie eiendomme op Airbnb uitverhuur, het met hierdie syfer vorendag gekom.

Die maatskappy het gekyk na soortgelyke luukse eenhede en woonstelle naby aan Buckingham-paleis in die hartjie van Londen en bereken koningin Elizabeth kan ’n “gewone” kamer vir tot £3 570 (sowat R50 000) per aand verhuur.

Buckingham-paleis het 52 sulke koninklike slaapkamers.

Daarbenewens is daar ook 19 luukse eenhede wat GuestReady reken teen £16 000 (R566 000) per aand uitverhuur kan word.

Die paleis se massiewe tuin is ook die ideale plek vir ’n troue of verjaarsdagpartytjie. Volgens GuestReady kan die paleis dit vir tot £400 000 (R6 miljoen) per geleentheid uitverhuur.

Sou iemand dus die tuin en al die kamers uitverhuur, sal koningin Elizabeth meer as £1 miljoen per nag in haar sak steek.

Wel, nie heeltemal in haar eie sak nie.

Buckingham-paleis is nie die koningin se private eiendom nie, hoewel sy die reg het om daar te woon solank sy die regerende monarg is.

Die paleis word tans opgeknap teen ’n beraamde koste van £369 miljoen (R5 miljard). Dié koste word hoofsaaklik gedek uit inkomste verdien deur besoekers aan die paleis en ander koninklike woonplekke toe te laat. Die Britse regering verskaf ook ’n ruim bydrae.

Buckingham-paleis is sedert 1837 die amptelike woning van die Britse monarg. Buiten die 52 koninklike slaapkamers en 19 luukse eenhede, beskik dit oor 188 slaapkamers vir sy personeel, 92 kantore en 78 badkamers. - Business Insider

Meer oor:  Airbnb  |  Koningin Elizabeth  |  Verhuring  |  Buckingham-Paleis  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.