Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Byna $3 miljoen vir ’n twiet!

“just setting up my twttr”

Dié kort sinnetjie het Jack Dorsey, uitvoerende hoof van Twitter, Maandag vir meer as $2,9 miljoen (R43 miljoen) as ’n onvervangbare aandenking (non-fungible token of NFT) verkoop.

Volgens die BBC was dit die Twitter-baas se eerste twiet en hy het die geld aan ’n liefdadigheidsorganisasie in Afrika geskenk.

Twitter
Jack Dorsey, uitvoerende hoof van Twitter. Foto: Reuters

Ná die verkoop van sy twiet het Dorsey weer getwiet om te sê dat hy die geld geskenk het aan GiveDirectly, ’n organisasie wat kontant stuur aan arm gesinne in Afrika wat deur Covid-19 geraak word.

Dorsey het sy twiet in 2006 gestuur en dit is op ’n veiling op die platform Valuables verkoop. Die platform stel gebruikers in staat om ondertekende weergawes van hul twiets as ’n NFT te verkoop.

Die wenbod vir Dorsey se twiet is toegeslaan op Sina Estavi, uitvoerende hoof van die blokketting-onderneming Bridge Oracle. Estavi het op 6 Maart – die dag nadat die NFT-veiling aangekondig is – 1630,5825601 in die kriptogeldeenheid ethereum gebie.

Estavi het daarna getwiet hy hoop mense verstaan dat Dorsey se twiet iets meer as net ’n gewone twiet is.

Wat is die bohaai oor NFT?

’n NFT kan enige soort unieke digitale bate wees, soos ’n kunswerk of ’n videogreep, waar die eienaarskap van die bate in ’n blokketting verteenwoordig word.

Die koper van ’n NFT kry ’n kripto-gesteunde digitale kwitansie wat bewys dat die NFT eg is en dat hy dit besit.

NFT’s het die afgelope paar maande in gewildheid ontplof, met almal van Elon Musk tot Mark Cuban wat ingespring en gekoop het.

Volgens Forbes is die duurste NFT tot dusver deur ’n kunstenaar genaamd Beeple, wat ’n collage van 5 000 prentjies vir $69,3 miljoen (meer as R1 miljard) verkoop het.

Meer oor:  Twitter  |  Bitcoin  |  Kuns  |  Tegnologie  |  Nft  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.