Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Bytes maak gou sy buiging op JSE

Die Altron-filiaal Bytes gaan dalk die laaste maatskappy wees wat vanjaar op die JSE noteer.

Alton het reeds begin vanjaar aangekondig hy gaan Bytes ontknoop en afsonderlik noteer, sowel in Londen as op die JSE. Dinsdag het die maatskappy aangekondig die eerste verhandelingsdag ná die aanvanklike openbare aanbod sal op 17 Desember wees.

Die Britse tegnologiefirma spesialiseer in wolkdienste en kubersekerheid.

Bytes het sowat 650 werknemers en 5 000 kliënte – maatskappye in Brittanje se private en staatsektor. Dis een van Microsoft se grootste vennote in dié land.

Die maatskappy se bedryfswins in die afgelope boekjaar was £31,7 miljoen (nagenoeg R646 miljoen in vandag se randwaarde).

Net minder as die helfte van Bytes se aandele (46,6%) word genoteer. Dit gaan ’n minimum van 111 miljoen en ’n maksimum van 172 miljoen aandele (afgerond) wees.

Die aanbodprys is tussen 240 en 290 pennies, oftewel tussen R49 en R59.

Die res van Altron se bedrywighede is grootliks in Suid-Afrika, waar hy onder meer die voertuigopspoordiens Netstar besit.

Meer oor:  Altron  |  Kuberveiligheid  |  Tegnologie  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.