Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Capitec, FNB op lys van wêreld se top-10-banke

Twee Suid-Afrikaanse banke bevind hulle weer vanjaar in uitgelese geselskap onder die wêreld se beste banke.

Capitec is vir die tweede keer bekroon as die derde sterkste bankhandelsnaam ter wêreld in die jaarlikse Brand Finance-verslag van die 500 sterkste en waardevolste bankhandelsname.

FNB het ook sy plek van 2020 behou as die vierde sterkste bankhandelsnaam ter wêreld.

k

Volgens Capitec het twee derdes van die banke wêreldwyd ’n afname in handelsnaamwaarde ervaar as gevolg van die Covid-19-pandemie, maar Capitec het sy telling van 89,2 uit 100 behou en ook sy ooreenstemmende AAA-gradering.

Dis ondanks die feit dat die waarde van Capitec se handelsnaam met 25% gedaal het, volgens die verslag.

Capitec het in Desember meer as 15 miljoen kliënte gehad wat hom die grootste Suid-Afrikaanse bank volgens kliënte maak.

Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec Bank, sê die bank is geëerd om die erkenning te ontvang.

“Ons handelsnaam het nog altyd daaroor gegaan om ons kliënte te help om hul bankwese te vereenvoudig en hulle tyd en geld te bespaar sodat hulle beter kan leef.”

Capitec se nuwe produkte help om sy groeimomentum vol te hou, volgens Fourie. Die bank bied deesdae ook huislenings aan. Die bank spog ook daarmee dat hy die enigste bank is met ’n skandeer-om-te-betaal-opsie wat op alle groot platforms werk.

Die Brand Finance-verslag onderskei tussen die sterkte en die waarde van handelsname. Sterkte het baie te doen met verbruikers se persepsie van ’n handelsnaaam, terwyl waarde ’n handelsnaam se finansiële waarde meet.

  • FNB is die waardevolste bankhandelsnaam in Suid-Afrika en in Afrika as geheel. Hy is nr. 157 uit 500 banke, nadat hy verlede jaar nr. 146 was.
  • Standard Bank is onveranderd op nr. 162.
  • Absa is nr. 164 teenoor 2020 se nr. 152.
  • Nedbank het tot nr. 197 gedaal, vanaf nr. 177.
  • Investec het tot nr. 199 gedaal, vanaf nr. 181.
  • Capitec is die tweede laagste van Suid-Afrika se banke op die lys, op nr. 300, vanaf nr. 249.
  • Rand Merchant Bank het tot nr. 434 gedaal, vanaf nr. 398

BusinessTech berig die banke se handelsnaamwaarde het as volg gedaal:

  • Standard Bank met 7% tot $1,3 miljard.
  • Absa met 19% tot $1,2 miljard.
  • Nedbank met 19% tot $908 miljoen.
  • Investec met 16% tot $900 miljoen.
  • Capitec met 25% tot $443 miljoen en
  • Rand Merchant Bank met 18% tot $227 miljoen.
k
Meer oor:  Brand Finance  |  Capitec  |  Fnb  |  Banke  |  Handelsname  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.