Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Capitec: Open bankrekening met ’n selfie

Jy kan nou binne ’n paar minute 'n bankrekening by Capitec open deur net na jou foon te kyk.

Capitec het ’n funksie op sy nuwe app wat dit moontlik maak om met behulp van gesigsbiometrie van enige plek ’n rekening te open. Foto: Capitec

Volgens Capitec het hy ’n innoverende funksie op sy nuwe app wat dit moontlik maak om van enige plek ’n rekening te open met behulp van gesigsbiometrie.

Die app skandeer die gebruiker se gesig soortgelyk aan hoe verbruikers tans hul vingerafdruk gebruik op slimfone. Dit is ook soortgelyk aan hoe sommige verbruikers veral in iOS-slimfone toegang kry tot hul foon.

Kyk gerus na dié video om meer te leer oor gesigsbiometrie.

Volgens Capitec duur die proses minder as vyf minute en gebruik dit gevorderde tegnologie om te verseker dat ’n werklike persoon voor die kamera staan en nie ’n foto nie.

Die beelde word regstreeks teen die databasis van die departement van binnelandse sake geverifieer.

Dit klink dalk nie buitengewoon nie aangesien ander banke ’n soortgelyke funksie bied, maar volgens Capitec hoef jy nie eens ’n tak te besoek nie.

Baie tradisionele banke bied aan verbruikers die geleentheid om ’n rekening met ’n selfie te open, maar in die meeste gevalle moet hulle steeds ’n tak besoek om die rekening te aktiveer. Capitec gee kliënte binne enkele minute ’n aktiewe rekening met ’n virtuele kaart wat hulle onmiddellik kan gebruik sonder om ’n tak te besoek.

“Ons is voortdurend besig om te innoveer om die bankwese nog verder vir ons kliënte te vereenvoudig,” sê Francois Viviers, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie van Capitec.

“Met hierdie nuwe funksie bied ons ’n maklike, digitale manier om by Capitec aan te sluit wat slegs ’n paar minute duur en geen papierwerk benodig nie. Dit is ook baie relevant in ons nuwe Covid-19-werklikheid waar kliënte van hul eie huis af wil banksake doen en koop.

“Verlede jaar het ons ’n volledige digitale huisleningsoplossing van stapel gestuur en nou maak ons dit moontlik om van enige plek af met ’n slimfoon by ons aan te sluit.”

Nadat die rekening geskep is, kry nuwe kliënte ’n virtuele kaart wat gebruik kan word vir aanlyn transaksies, QR-betalings en wat op programme soos Uber, Netflix en Mr D gelaai kan word.

“Die virtuele kaart is ’n nuwe funksie wat vir alle kliënte beskikbaar is en wat ’n ekstra laag veiligheid bied vir aanlyn inkopies en aanlyn intekendienste. Die kaart se besonderhede word veilig in ons app gestoor en word nie aan die fisieke kaart van die kliënt gekoppel nie. Dit beteken dat ons kliënte nie meer hul fisieke kaartbesonderhede in aanlyn betalingsportale hoef in te voer nie.”

Tans moet nuwe kliënte hul naaste tak besoek om hul fisieke kaart vinnig en veilig af te haal. Dit sal egter later vanjaar verander wanneer die bank ’n funksie van stapel stuur wat dit moontlik maak om kaarte veilig te koerier na kliënte wat ’n rekening in hul bank-app geopen het.

Viviers sê dit gaan oor meer as net innovasie.

“Ons glo nie net aan innovasie nie. Inteendeel, elke nuwe funksie wat ons bekend stel, moet ooreenstem met ons doel om kliënte te help om hul finansiële lewe deur middel van vereenvoudigde, bekostigbare bankdienste beter te beheer.”

Besoek Capitec vir meer oor die innovasie.

Meer oor:  Capitec  |  Bankdienste  |  Slimfoon  |  Bankrekeninge  |  Tegnologie  |  Selfie  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.