Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Capitec se aanlyn bankdienste gee probleme

Capitec het sy kliënte per SMS Vrydagmiddag ingelig dat hy probleme met sy aanlyn bankdienste ervaar. 

Sowel die bank se app as sy internetbankdienste was Vrydagmiddag van lyn. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die probleem is nie, maar klante kon nie toegang tot die dienste verkry nie. 

In 'n twiet sê Capitec sy tegniese span skenk tans aandag aan die probleem. "Ons is jammer vir die ongerief en ons besef dit is nie wat ons kliënte van ons verwag nie," voeg die bank by. 

Bykans al Suid-Afrika se grootste banke se aanlyn bankdienste het al op verskillende tye probleme gegee. Capitec se situasie word vererger deurdat baie mense onlangs hul salarisse vir April ontvang het en nou nie betalings kan uitvoer nie. 

Bankdienste was teen laatmiddag weer plek-plek herstel.

Meer oor:  Capitec  |  Bankdienste  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.